Ouma …
(Spesiaal geskryf vir my ouma Magrietha Cornelia van der Walt
8 Februarie 1922 – 3 Februarie 2011)
Ouma, ek mis ons Sondag kuiertjies met koekies en tee
en al die drukkies en soentjies wat jy vir klein Darius gee.
Ouma, ek mis jou anys boere beskuit
en al die vetkoeke wat jy bak met stroop of aarbei konfyt.
Ouma, ek mis jou wanneer jy sit en hekel in die namiddag son
met al jou pienk en pers viooltjies wat in die vensterbank staan en blom.
Ouma, ek mis die dae toe ons nog in die winkels kon rond loop
en al die koeldrank en room scones wat jy vir ons koop.
Ouma, ek mis jou liefde, omgee en jou helder vrolike lag
en jou stories en geselsies deur die dag.
Ouma, ek mis jou elke dag meer en meer
en as ek weer kan kies, dan kies ek jou weer.
Ouma, ek dra jou naam met trots
want vir my was ouma nog altyd ‘n vaste rots.
Ek wens ek kan vir een laaste keer vir ouma sê
dat ek ouma mis en vreeslik baie lief hê …
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.