Jongste aktiwiteit:

wees

–
agter elke golf
kom daar nog ander aan
so op die deining van die see
spoel dit aaneen uit
–
agter elke boom wat val
lê daar jare se groei verberg
jaar ringe in die stam vasgegroei
toon dit tyd, tye en nog
–
die lewe van een mens
so kort soos ‘n tyd-grepie
maak geen indruk op ewigheid
tog word sy hare getel
–
om iemand te wees
is om te weet jy was iemand
te besef jy is maar net tydelik hier
en naam in boek van lewe
–
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed