
Oupa ons mis jou!!
Oupa ons mis jou !!
Deur Johan j van rensburg
Brons afd Kortverhale Woorde = 2670
Oupa Piet Els is lank in die tand.Ses-en-sewentig somers lê agter sy rug, maar hy staan nog sterk. Hy is een van die lang skrales wat nie grond toe buig soos wat sy jare toeneem nie. Die paar pitte daarbo hou hy skerp en oop met blokkiesraaisels tot lang nagte waar klaasvakie blykbaar nie sy adres gekry het nie. En bedags sal jy hom soos ‘n mier sien werkskaf op die ouetehuis terrein,want sý hande staan vir niks verkeerd nie! Of hy sal in sy diep leunstoel by sy radio sit en sommer met ouma Stienie se gewerskaf weer foutvind.
Dis dan wat die kommer soos ‘n wildeloot in hom wortelskiet.
Hy bekommer hom oor almal rondom hom. Hy bekommer hom oor die mensies in Weesgerus Ouetehuis ,wie se skete daagliks aanteel soos wat hulle ouer word. Hy bekommer hom oor sy seun se gewerskaf in Pretoria, en oor ouma Stienie…Hy bekommer hom oor sy vriende wat een vir een langs die lang bome in die kerkhof gaan rus, en dit kan hy nie keer nie!
Ouma Sien is ag-en-sestig en sieklik. Sy is kort en plomp en dra steeds sykouse en spuit haar grys bolla windskeef met haarsprei, net omdat oupa daarvan hou. Sy het ‘n asmabors en hoë bloeddruk en wersskaf maar liewers binneshuis. Haar hande is vaardig met breipen en hekelpen het al baie pryse op kerkbasaars gewen met haar spoggerige saaibord-lappies, konfytkeppies en geblomde kussingoortrekesels.
Hulle eenslaapkamer woonstel by Weesgerus Ouetehuis op Frankfort Vrystaat, is ruim en volgens hulle smaak ingerig. Die woonstel spog met ‘n klein oopplan kombuis, sitkamer, slaapkamer en badkamer. Alles wat nodig is, is byderhand. Op die klein voorstoepie sit Oupa gereeld op sy toendtertydse draad tuinstel met die gehekelde kussings op die stoele en lees die dag se koerant.
As oupa Els hom so bekommer se’ ouma stienie…dan dink hy weer diep…Bekommernis of stout wees..
Ouma se malvas preik kleurvol op die stoep. Dis ‘n goeie lewe die op Weesgerus se terrein.
Vrydagmiddig is Oupa se middagslapie kwyt toe Fanie hom opbel om te kom help. Oupa Els trek tydsaam sy vellies aan en skuif sy kruisbande op.
Die “ander” oumense is die hoenders in vertel Fanie veral die tannies wat van die oggend tot die aand kla. Dan is dit te warm, dan is dit te koud, dan bly die rëen te lank weg, en dan het ‘n swart kat voor hulle stoep verbygedraf.
Vandag isdIe waterdruk te laag om die blombeddings nat te lei. Fanie en Andries is deur die Munisipaliteit afgevaardig om by Weesgerus Ouetehuis diens te doen as vaktotums, en terrain skoon te hou, gras te sny en alles wat gebreek het rapporteer en herstel..
Fanie is self al lank in die tand ,hy en oupa werk lekker saam, as ‘n mens dit saamwérk kan noem, Oupa is daar meer vir ondersteuning en raad as enige iets anders!
Toe hul albei later druipnat opstaan en oupa Piet sy modderige duime voor by sy kruisbande inhaak, weet Andries die waterpyp het sy moses teëgekom. Die dik swart pyp was so wragtig op twee plekke stukkend, en Oupa en Fanie moes raakvat! Dis net modder ,gereedskap, en draad gestrooi oor die grasperk. Hy weet hy sal die skoonmaakwerk moet doen voordat die “ander” tannies dit sien. Anders het hulle weer iets om oor te kla. Oupa is in sy skik. “Díe stoepsusters het ons amper op die kniëe gehad!”
Nou is dit tyd vir die oorwinningsfees. Nou gaan Fanie en oupa Piet Els die oorwinning vier in oupa Piet se woonstel, waar ouma vir hulle ‘n koffietjie en een van daardie lang beskuite van haar gaan voorsit. Hulle gaan om die beurt hulle ervarings met ouma Stien deel. Sy sal haar hekelwerk op haar skoot laat rus en so aandagtig luister, sy weet die is n lang storie… waarheid met so bietjie kleur en stertjies daaraan.
Oupa Piet sal sy aandeel alteveel aandik as hy sien hoe ouma sy storie geniet, en Fanie sal ongemerk nog ‘n beskuit in sy koffie druk. Hulle sal albei lank redekwawel oor of hulle die regte grote pype ingesit het, en of die pyp gaan hou met die waterdruk wat nou hoog is.
Oupa Piet raak gemaklik en begin praat in herdenking van die ou dae, toe gereedskap nog eg was en gehou het soos wat húlle al die jare hou. Wanneer hulle die laaste sluk koffie-beskuit -moer oor die malvabeddings uitgiet wonder hulle watse tert die “ander” tannies nou gaan oorstuur om dankie te sê.
Saterdag oggend is inlê soos verbode vrugte, nee die kombi met die naam “Weesgerus Aftree Oord” moet dorp toe , die kombi word statig soos ‘n ampsvoertuig uit die eerste motorhuis getrek en reg voor die ouetehuis geparkeer. Die die weeklikse inkopies is ‘n gedoente van formaat. Deur die week is lysies van benodigdhede sorgvuldig beplan en op yskaste gemagneet. Die oues het al van Vrydag af oor en weer mekaar se hare met krullers ingedraai so oor ‘n teetjie. Die rokke is gepress en die sykouse blink aan die spataarbesaaide kuite. Die ooms het die skoene gepoets en die dorpshoedens is van die kapstokke afgehaal. Die posboekies en bankkaarte is agter in die kaste uitgehaal. Dis dorptoe. Almal sien uit daarna. Die wat nie wel is nie se lysies word deur vriende en vriendinne by hulle woonstelle gehaal, en voorskrifte vir medikasie by die apteek word geneem.
Oupa Piet is die drywer. Hy het selfs ‘n bont das vandag aan. Ouma Sien is in die bed. Haar asma bors het haar weer gisteraand so gepla, dit was al ounag toe oupa haar diep slaapasem hier langes hom hoor. As sy ou vrou so sukkel slaap hy ook maar min. Dan lê hy maar so in sy allenig heid en bid vir die mense op Weesgerus, want almal van hulle het skete en kwale.
Hy toet drie kortes nog voor die oues van dae by die deur kon uitkom, tergend ry hy vorentoe asof hy gaan ry sonder die passesiers. Dis belangrik om presies vyf voor nege te ry om die meeste winkels kan vang nes hulle die deure oopstoot. Vyf minute na nege beteken lang wagtoue, en tien minute na nege en jy kan maar omdraai terug huistoe. Dis hoe erg die sakesentrum op ‘n Saterdag is op Frankfort. Oupa tot weer drie keer en nou is die hande in die lug en van die tannies wys vuiste en maan dat hy gevloek gaan word. Oupa geniet sy hoogtepunt van Saterdag…
Dis net hoedens en handsakke soos die tannies skarrel om in die kombi te klim. Die reuk van four-seven-eleven hang swaar in die lug, en oupa Piet draai sy venster af. Net tot halfpad. Hy’t al geleer. Die “ander” tannies se kapsels kies windskeef koers in die tyd wat hulle die dorp inry as hy die venster durf te laag afdraai! Al is die uithourit ‘n skrale twee kilometer!
Oupa Piet parkeer uit gewoonte onder die groot denneboom duskant Avbob. Van hier het hy ‘n wye beeld van die besige straat. Meeste van die inkopies word hier gedoen. Die deur word oopgestoot, die trappie word uitgehaal, en die tannies klim versigtig uit. Almal onthou van Tant Ralie wat so twee jaar terug op die rant van die trappie getrap het en haar heup met die val gebreek het. En dit net omdat sy haar brille tuis vergeet het en oupa Piet nie wou terugdraai om dit te gaan haal nie. Was dit nou vir jou ‘n onaangenaamheid, en die arme vrou het nóú nog nie heeltemal herstel van die beserings nie. Loop maar mank en sit meestal in haar voortuin en lees romanse. Jy kry háár nie weer in die dorp nie. Goed word in bussie vandag vergeet en oupa staan soos n: spoorweg kondukteer met deure oop en toe, oop en toe.
Oupa Piet se besigheid word vinnig afgehandel. Hulle het min nodig. Dis net ouma Sien se asmapompies en bloeddrukpille wat by die apteek gekry moet word. Dan ‘n paar allegaartjies by die supermark. Hy handel die besigheid flink af. Die éintlike trekpleisete op ‘n Saterdag, vir oupa Piet, lê in Swannie se hardewarewinkel. Swannie se hardewarewinkel is op die hoek, en die reuk van vleisbraaivure lok al wat ‘n man is nader. Dis soos kerkbazaar, net die vrouegoed ontbreek. Swannie braai boerewors hier van sy voorstoep af, bykans elke Saterdag. Dit laat sy winkel vol van klante, en oupa Piet moet erken, dit ís ‘n bakgat idee.
“Oupa Piet, Goeiemore!” Swannie is alreeds natgesweet van die spook om die vuur aan die gang te kry. Sy gespierde handdruk is ferm.
“Dagsê, dagsê, Dit ruik darem pure bosveld hier by jou!” Oupa Piet sak dankbaar neer op die stoel wat Swannie hom aanbied. Hy haal die netjies opgevoude sakdoek uit sy broeksak en vee oor die sweet wat op sy voorkop pêrel. Vandag was weer oop en toe en oop by bussie se deur.. Swannie lag lekker en skud sy kop.
Swannie sit die wors op die kole. Hy hoes en proes van die rook en die vuur wat skielik opbol in sy oë. Oupa Piet lag lekker. Weet die seun dan nie dat jy altoos ‘n bakkie met water moet aanhou met die opsit van die vleis nie? Hy draai die prop van sy waterbotteltjie oop en skiet die waterstraal met ‘n boog oor die kole. Die rook en die vuur blaas dadelik die aftog. Swannie staan eenkant en kry die rook uit sy longe. Die vuur is byna doodgegooi, maar hy wys nie sy frustrasie nie. Oupa Piet het net probeer help.
Mercia kom haal die bak waarin die vleis was. Sy is Swannie se laatlam, pas een-en-twintig, en ‘n lus vir die oog. Sy werk sedert sy uit die skool is as assistent by die winkel. Oupa Piet loer maar so onderlangs na die lang bene in die kuitlengte jeans met stukkende plekke op die kniee van die broek. Kyk is mos vry.
Swannie het ‘n seun ook. Díé is ‘n ingeneur iewers in die Oos-Rand en hang tydig-en- ontydig aan sy pa om die winkel te verkoop om by hulle te kom aftree. Oupa klik sy tong spytig. Dis nou vir jou ‘n affêre.
Toe oupa Piet sy twee stukke boerewors in die sakkie kry, staan hy op. Hy sal moet kombi se kant toe staan. Dis amper tyd vir die twaalfuur nuus. Swannie is nie vol gesels vandag nie. Mercia sê haar broer het kom kuier, en dit beïnvloed Swannie se buie geweldig. Hy wil nie die winkel verkoop nie. Maar hy raak ook nie jonger nie. Oupa Piet sit sy hoed op sy kop. Hy klik sy tong spytig. Ja, dis nou ‘n affêre van ‘n ander aard…
Terug by die ouetehuis , is Oupa Piet stil en bekommerd oor sy vriend Swannie, tog wetend oud word is nie vir sissies nie.Ouma Stienie weet lánkal. Bets van oorkant het die advertensie in die dorpskoerant kom wys. Frankfort Hardeware Winkel, Swannie se winkel, is in die mark. Sy het die brokkie inligting opsetlik van oupa Piet weerhou, want hy ken die perke van sy eie kommer nie. Bets se man het hoeka beroertes gekry van te veel bekommer, en Linda van skuins agter se man is oorlede van ‘n bloedklont deur die hart. Van Kómmer – oor die toekoms.
Manie Jackson se musiek kalmeer altyd die onstuimige gemoedere, en Ouma Stiene ken haar man waarmee sy al jare getroud is en weet hoe om hom optebeur.
My man, almal hier is so dankbaar vir jou hulp en raad aan die twee werkers by die ouetehuis. Dankie, my skat jy is n’ juweel vir my en die ander inwoners vertel Ouma Stienie ernstig terwyl sy Oupa Els se hand vashou. Oupa vergeet van Swannie en begin glimlag oor kry sommer nuwe spoed vir die res van saterdag want voor die radio luister op die radio kan daar dalk mos bietjie gelag word in die stil plek.
Oupa loop verby Oom Thysie oppad kombuis toe, en groet in Engels maar die oom is doof in een oor en hoor meeste van die tyd nie. Oom Thysie ken tog Oupa se grappies met tye op poetsbak manier.
Piet waarmee is jy besig vandag? Is jy oppad om stout te wees voor ons middag slapies vat en jy rugby luister. Oupa is heel onskuldig en skd die kop , diep weg wil hy net goed doen dat almal lag en beter voel. Oupa Els meen ouderdom is nie n’ siekte nie, om op te gee is want dan leef mens nie.
Oupa Piet besig in die eetsaal en dan in die kombuis waar personeel regmaak vir aandete wat reeds laat middag bedien word, lank voor donker.
Met aandete gebeur die onverwagte en onvoorspelbare gebeure af . Die personeel storm die eetsaal binne na n’ groot geraas wat skreeu, gil en paniekerige gejuig insluit. Hul bekyk die oumense wat verstom na mekaar kyk.. Oom Thysie se baard rooi met kleursel, en in sy hand die sakdoek wat kleursel ingehad het en met sy baard affee wat altyd nat is met aankoms vir aandete lyk hy nou soos een van die gevaarlike kabouters in n’ kinderverhaal.
Tannie Bettie se water bakkie wat sy altyd na ete hande was soos n’ aanstaande ete te Sandton gedoen word, is nou styf en glibberig danksy die gelatien daarin gegooi. Verbaas kyk sy daarna en wonder of dit ook spook in die eetsaal.
Oom Bertus Koekemoer hop rond voor sy tafel op sy stoel wat vasklou soos in n’ rodeo, los wil dit nie ek klou om te hou.Die sweet duidelik sigbaar op sy voorkop en onsekerheid laat hom frons.
Tannie Sussie Nel skud die soutpot dat die spoeg spat want niks kom uit nie, sy is so lief vir haar sout al mag sy nie so baie gebruik nie.
Die hoofmatrone staan saam die personeel en bewonder die sirkus wat afspeel voor hulle. Sy wonder wat nog gaan volg maar stop dit alles met n’ harde gebrul en skreeu vraaend .. Wat de Wes Transvaal gaan hier aan… Stilte en bedaring met vingers wat wys na net een persoon… Oupa Piet Els..
Oupa staan op van sy stoel, en begin lag met sy diep stem en wys na almal.. Die lag is aansteekbaar en al hoe meer oumense lag dat die personeel enselfs hoof matrone begin lag.
Ouma Stienie se kliphard, dit is my ou man Piet. Oupa kry na paar minute van lag praatkans.
Jammer almal vir die ongerief, ons gaan nou lekker eet en daarna rus. Maar nie voor ons spesiale nagereg kry wat ek gereel het vir ons almal en dankie vir Suster Marie , een van ons kokke in die kombuis vir jou hulp
Oupa verduidelik, ons lewe nie net om dood te gaan nie , al is ons oud ons het betekenis vir mekaar en ook vir ons kinders, vriende en familie. Ons mag lag vir mekaar en onsself, want ons in nie dood nie.
Almal klap hande want niemand het dit verwag nie, of kon dink wat n” wonderlike saterdag ete voorgele het met vermaak deur Oupa Piet.
Dadelik na ete gaan rus, was daar nie.. Nee kaart speel, kuier en gesels oor wat was, en wat beplan word vir wat kom..
Sondag aandete was iets anders wat nie beplan was deur Oupa Piet nie, maar deur ander van die oumense in die ouetehuis wat onbekend wil bly.
Met die tyd van besoek van die kleinkinders woensdag middae na rugby oefening , word daar gelag en gelag oor die stories wat Oupa vertel wat nou gebeur in die ouetehuis. Lag weerklink middae soos besoekers vertel word op elkeen se manier oor die gebeure wat plaasvind hier asook van Oupa se toespraak.
Jare daarna het sy kleinkinders eers die geleentheid gehad om baie hartseer te se”.. Oupa Piet Els ons mis jou… Oupa ons mis jou..
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek