Jongste aktiwiteit:

piep

soos agtermiddag skadus sak
so sak ouderdom op jou toe na sestig
moeilike aanpassing om te maak om af te tree
moeilik om aan te neem jou liggaam nie meer in pas
jou brein dink nog soos toe jy dertig jaar oud was
maar jou kneukels en knieë begin kla en pyn
skadus is op sigself mooi in hetige son
maar die skete wat dit voorstel nie
gelukkig het jy mos ‘n keuse
om oud te wees is realtief
relatief tot jou ingesteldheid
ook soos belofte van ‘n nuwe dag
wat met sonop môre weer kom
vrolik wees is mos gratis
om net te kla is niks
sommer net mors
van lewenstyd
glimlag
dit is
gesond

©Teárlach




2 Kommentare

  • See-Jay-El

    Aitsa, vir iemand wat nie met die taal groot geword het nie, het jy hier sommer 'n puik stukkie geskep! Ek lief die manier waarop jy die woorde soos sand uit 'n uurglas laat uitloop. Die effek bevestig hoe kort die tyd is en hoe vinnig dit uitloop.

  • Tearlach

    Baie dankie SEE-JAY-EL Ek waardeer jou besondere waarneming en mooi woorde van kommentaar, sommer baie. My gedagtes val nie altyd soos Afrikaanse "manna" op die papier nie, maar ek probeer. 'n Baie geseënde nuwe jaar en voorspoedige 2019 vir jou.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed