Jongste aktiwiteit:

Pietie, ‘n verhaal vir kinders – brons

Pietie gooi sy tas in die gang neer en gaan sit voor die TV. Pietie mag nie die TV aanskakel nie,
want hy is nog te klein. Daarom wag hy vir sy boetie, Chris, om dit vir hom te doen. Chris sit
ook in die sitkamer, besig om te lees, maar hy steur hom nie aan Pietie nie.
“Boetie, kan jy asseblief die TV aansit?”, roep hy, maar Chris antwoord nie.
Hy gooi homself op die grond neer en gil en skree op sy boetie, maar steeds help dit nie. Dit lyk
regtig asof Chris hom glad nie hoor nie.
Pietie probeer op alle moontlike maniere om sy boetie se aandag te trek, maar alles help niks. En
Pietie is skielik baie besorgd.
“Wat as Chris regtig nie meer kan hoor nie? Met wie gaan ek dan baklei? Wie gaan my dan help?
Wie gaan dan vir my die TV aansit.”
Pietie bars in trane uit, maar steeds praat Chris nie met hom nie. Hy trek egter ‘n papier
nader, skryf ‘n paar woorde daarop en gee dit aan Pietie. Toe lees hy weer verder.
Pietie is baie nuuskierig om te lees wat op die briefie staan, maar hy hou nie van lees nie. Om te
weet wat Chris makeer sal hy seker maar moet.
“Ek hoor jou goed, maar ek het besluit om nie te luister as jy nie wil lees nie. Van nou af gaan ek
nooit meer luister as jy nie eers jou boek gelees het nie.”
Pietie is kwaad. Hy wil nie lees nie. Hy hou niks van lees nie, maar Chris luister steeds nie en hy
wil TV kyk. Ter wille daarvan gaan haal hy maar sy leesboek en lees hardop dat Chris hom kan
hoor. Toe eers sit Chris die TV aan.
Van toe af lees Pietie elke dag eers sy les van die dag vir sy boetie voordat hy TV kyk, anders
hoor Chris hom nie.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed