
pretzel
wanneer laagdruk wolke oor ons druk
slaan blitse en donder die weer my skoon bedruk
oop strande, wit en skoon, verander in bose pretzel
van uitgespoelde plante, skulpe en dooie seediere
deurmekaar kruip die wat oorleef het op soek
na ‘n nuwe woning of dolwe diep weg
in die hard gepakte sand strook
skoon verwese sweef meeue
uit hul verskrikte nag
na volop kos
wat wag
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.