Jongste aktiwiteit:

Probleem Oë

Rooi oë
tuur deur township rook
oor duisende advertensies sakkies
na meskien ń bietjie brood
in vroeg oggend uur.

Moë oë
voor marmer wasbak
met slap maag
soek alreeds na kliente bevrediging
in klein kamers.

Brand oë
loop oor koue ń vloer
met industriële stoom
sien figure wat buig
voor masjiene wat
juig.

Die oë wil weg ry
in ń splinternuwe model
in nuwe oggend lug
na waar alles skitter.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed