
RYE SPORE
RYE SPORE
Rye spore het ons op die strand geloop
jy het rye spore deur my hart geloop
voetspore diep in my siel gebrand
jy het sagkens in my hart beland
Rye spore het ons op die strand geloop
jy het rye spore deur my hart geloop
kyk in my oë so skaam en verleë
tye so spesiaal hier langs die see
Rye spore het ons op die strand geloop
jy het rye spore deur my hart geloop
ons het saam gelag en gebabbel
kaalvoete deur die sand geskrabbel
Teken ons ‘n hart in die sagte sand
stap ons saam-saam in die maanlig aand
ons liefde wat ons saam uitstraal
ons liefde wat ons laat verdwaal
saam het ons ons ware liefde kom haal
Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Eleen, dankie ook vir hierdie inskrywing van jou hoor.