Jongste aktiwiteit:

Sand Was

sandkorrels gly glad
deur tone tot voetsool stol
brandskuur ou vel
liefderik af

sand vangbak sonstrale
golf klein oor reuse hope
dwing voete in ń wilde dans
oppad na lafenis

warm sand, koue water
dans eeue onrustig saam
waar moeë voete
rus wil vind

glowe was glad
winde vee plat
die vastrapmerke
laat skoon leie*

*Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

skryftablet (skryf-ta-blet) s.nw., skryftablette; skryftabletjie. (histories) Lei (2LEI 2 a) of dun, plat blad van hout of ‘n ander onbuigsame materiaal, wat met was bedek is en waarop vroeër geskryf is




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword