
SKATRYK
Wat is rykdom ? Sien ons dit as materiële dinge en geld in die bank ?
Miskien is dit waaraan baie mense vandag waarde heg. Status word geken aan wit voertuie en hoeveel aardse besittings jy het.
Tog in my beskeie opinie is rykdom die spoor wat jy agterlaat .
Vir my is dit hoe jy mense laat voel as jy ‘n vertrek verlaat, dit wat mense van jou gaan onthou lank nadat jy weg is.
Ek glo rykdom lê in ons harte. Dis die Klein dingetjies in die lewe wat ‘n mens werklik gelukkig maak. Om jou kleinkinders te sien en tyd met hulle te spandeer is tydlose geluk in kinder glimlaggies verseël.
Verlange en geluk is elemente van ons emosies en elke dag se bestaan.
Ons ervaar emosies verskillend en ons verwerk sekere gebeure en aspekte in die lewe verskillend omdat ons unieke mense is.
Tog is dit ook verwagtinge wat ons meer seermaak omdat ons verwag dat ander dieselfde vir ons sou doen as wat jy gedoen het. Dis die verwagting wat seermaak en nie die mens van wie jy dit verwag het nie.
Ek glo mens vind vreugde in die klein dingetjies in ons elke dag se bestaan. Dis die klein dingetjies wat die goud is wat ons gelukkig maak en die hoop in ons harte aanwakker.
.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek