Son Silhoeëte
soos die hemelliggaam
sy lig laat skyn in die dag
wentel jy om die planeet
sonder rusie en sonder boosheid
en met sononder word jy versoen
anderkant die grootwater se end
voorsien jy silhoëtte in skemeraand
terwyl die klok om elke uur slaan
maak jy skaduportrette in elke vorm
betrag ek die skoonheid van die natuur
en beleef die dans van dasende troebadoers
wat uitspruit rug teen rug op die maat
van klinkende water wat vloei oor jou voete
stil raak my gedagtes aan die mense
soveel keer hul rug op iemand te draai
want seerkry deur griewe onverwyld
klink die woorde op in my binneste
vergewe is die regte manier
terwyl die son se laaste warmstrale
oor die aarde skyn en kennis maak
laat troebel water ons hart deurspoel
en die teken van oorwinning triomfeer
terwyl ons die koord afsny waarin vasgevang
en ‘n vars awendwindjie daardeur waai
so kan die vreugdevuur van oorwinning vier
en speel ek die troefkaart van heilsaamheid
in my eie hoekie gevorm op die dans
van ‘n minnesanger op my eie aangewese
©Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek