Eensaamheid lê verskuil ” Die bosveldhuisie”
Onder ‘n groot ou akkerboom staan ‘n verlate huisie klim eensaamheid teen die houttrappe op Weemoedige trane van die reӫn spat teen gekraakte ruite kruip verlatenheid onder ‘n gesplinterde houtvloer weg Hier waai die wind deur jou oӫ dans alleenheid deur vervalle spinnerakwalle in die stof Langs die pad tussen die soetdorings staan die wag-‘n-bietjie-bos die […]
Steurnis hier binne my…..(Opgedra aan ‘n jong meisie)
Innerlik voel ek die vuil in my ek was en was en was trane biggel oor my wange dood het hier binne kom lê Ek wil uit dit kom maar hoe die vuilis met sy kloue het rondgetas my selfbeeld diep geknou, vreesaanjaend Met leuens het jy gekom my in jou swetterjoel ingetrek, jou beeld […]
Vir ‘n oomblik van kalmte
Ruik die gedempte lug tonnels lig lok my na ‘n plek weg van die leegheid van alles Ek grawe ‘n tonnel deur die sandbank van my gedagtes diep-diep tot in sagte los sand Weg van die wêreld se lig terug na jouself wat al die mooi in jou kop versmoor Om net vir ‘n oomblik […]
In blye verwagting
Half deurskynend breek die dag onder ‘n sekelmaan wat sag lag gedagtes embrio in haar prenatale kop, ongebore woode vlek haar denke — (egalig en rasionaal) drup deur haar doudagdrome dis hier waar haar stiltes vrede baar; eggo’s nalaat wat realiteite vol asem blaas, want met Sy genade kan sy leef streef selfs tot by […]
Hulle sê Ek is Mal
Hulle sê ek is mal, Mense soos jy in jou netjiese kerks en werks klere, Perske pienk onder bloesie met ‘n Marilyn Monroe moesie aan die bokant van jou linker nippel net onder jou vlinder tattoo. Hulle sê ek is mal, Mense soos oom Karel en tannie San wat bedroef snags bybel sit en lees […]
Die onweer in my hart
Soms wil ek net in die lêplek van jou hart skuil weg van al die wette wat ons eindlot bepaal Soek bloot die streling van onbekende woorde in die sirkels op my eie werf waar jy jou eie rym en ritme kan gee Nog ‘n keer word ek geleer dinge druk nou regtig seer bring […]
Liefdesbriefie vir die Maan
Ek het met die wind gepraat en sy het my verstaan Ek het vir die maan ‘n liefdesbriefie agtergelaat Met woorde en allegorieë die bladsye bekrabbel met my drome en verspotte teorieë onbeheersbare hartseer die hele brief deur gebabbel Ek het ook oor jou geskinder oor die banaliteit van my bakvissie verliefdheid en die spektrum […]
Wat As
Ek skryf vanaand vir myself, Vir arme ek. Die vreugdevolle flindertjie vasgevang in die duisternis Van haar eie psige, Sy verdrink haarself, ‘n swak poging In haar twyfel en verloorenheid Vasgevang in ongeboorenheid van ‘n vorige lewe. Met spelfoute en misvormde rympatrone, probeer sy tog bo uitkom, Tog soveel neerslae alreeds in haar eie kop, […]