Resensie: Juffrou Stinnes ry om die Wêreld, die film
Juffrou Stinnes ry om die Wêreld, die film As 26-jarige het Clärenore Stinnes ‘n hele klompie dinge agter haar wat sy aangepak en deurgevoer het. Die dogter uit ‘n vooraanstaande industriële-imperium, was so iets soos ‘n doring in die vlees van haar familie, omdat sy geweier het om, soos dit behoort, ‘n passende heer-en-meester te […]
Die Beskermer
Daphne maak of sy flou val en dadelik het sy die volle aandag van die bestuurders van die trokkies wat kos na een of ander geleentheid vat. Behalwe vir hulle, was die straat tussen die hoë geboue heeltemal leeg. Haar strik werk en die twee mans hardloop dadelik na haar toe. Terwyl hulle ‘n ophef […]
Bitterbos
Ek onthou ‘n tyd van volop weiding – genoeg vir al jou skape wat (in oorvloed) meerling lammers lam. Ek onthou die byna purper wolke en jou blydskap oor die waters wat blinkblou stoot verby die oorloop van jou dam. Maar die velde lê nou immervaal. Waar die vleie eens gevloei het kraak die klei. […]
Vir wie, en vir wie nie.
Vir wie , en vir wie nie Sy het vroegmôre in die verbyloop ‘n broodjie kom vra en ek het ‘n lekker toebroodjie gegee, en al meer kom na my voordeur want die een sê vir die ander en ek stop die baksjisj net daar want sommige se alibi is had geen kans is té […]
Aanhou tas en voel
My hart voel soms stil voel dan amper kil wanneer dinge my pla wat ek nie kan verdra My hart voel soms alleen en wonder dan waarheen bleekgeel breek die son oor die gryserige see Daal die skemer’skimme oor die spoke’skemer my hart sug wanneer pienk oor die horison skeur
Diep en dikwels
Kriewel klots die branders in jou die getye en volmaan en my koue gulsige verlange om jou siel te verstaan Soos die getye kom dans ons oor die rotse en tuimel in die see en ek hoor hoe die golwe oor my slaan Die hoogwater is onvoorspelbaar dit maak jou onbereikbaar want wanneer jy so […]
Padkaart van Are
Dit word al moeiliker om my fingers te buig. My ringe pas al lankal nie meer nie en kort naels is my voorland. Partykeer lyk die are wat uitstaan op my hande soos ‘n padkaart wat makliker gevolg kan word as die lyne wat sogenaamde palm-lesers so graag wil vertolk. Die pyn maak dat ek […]
Middernag branders
‘n Skim van water in ‘n dorre woestyn alleen asem gister met sonsak loop ek weer al langs die soom van die see Skemer word donker alleen word al een eenkant die ewig oneindige water anderkant ‘n verwoeste brandende aarde Jy was net die pers en blou en ek die leemte in jou Gekapte wolke […]
‘SKUUS MENSE!
Liewe Anze ♥, liewe medeskuldiges, liewe vriende, liewe [û-ûm, ûr, êrg, c]:o(…], nouja, liewe mense, ‘n paar maande gelede het ek die beleefnis gehad dat ek nie tot inkorgza kon deurkom nie. Ek het in my onwetenheid allerhand mense geteister en getreiter – ook my seun wat in ‘n aaitie-firma werk – maar dit het […]
Wie sou? …
wie sou jou hand kon vashou en prentjies daarin skryf as dit ysig koud is hitte soek teen jou warm lyf wie sou vir ‘n drukkie vra elke minuut van die dag woorde van liefde met jou praat al is dit laat in die nag wie sou hul arms om jou sit om jou baie […]