Amendement
Amendement Profaan kaal die spykers ingeslaan swam sperm’ars’leër keiser geëer met stok en slot got die lot … orige orgie orkaan vir die sot wreek die wreker steek die breker … ledig die beker breuk die aarde palm ten hemele verhewe enk’ling sneuwel in eng’lpsalmween oor edik eed … een-een … geen genade verleen allenig […]
Sheol Silwer
sy lekkende vuurtong spuug helse vuur uit die donker gapende mond – inferno afgrond na sheol – wagtend op siele offers van bo terwyl sapiens in dronkenskap om kruis en kop baljaar gluur duisende gulsige oë hande uitgestrek vlammende vingers gereed te verskeur en te veslind in brakwater onheilig en vuil trap modderpote sirkels al […]
Wraak van Poseidon Silwer
Poseidon se stem was swaar en luid swart water sidder teenaan die kante van ‘n skuit die hekke van Olympus wat oopmond gapend wag terwyl Hades uittartend spottend skaterlag in die nanag huil die wind tussen wrak en wier spoel die golwe oor die uitgestrekte arms van ‘n kind ©️ Amanda Poseidon= Griekse god van […]
gemoed
– met eerste druppels wat saggies neersif uit front ja kouefronte bring ons reën wil my gemoed sag ween – nog ‘n lang man het verhuis gaan rus onder lang winter-bome wat ewe rustig in ligte wind ruis so mik en druk my gemoed – met elke deinende golf spoel daar los gewerkte plante uit […]
Die oop arms van ‘n moeder 409 woorde Silwer
Oop. Genugtig. Moet hierdie opdrag nou aan my hartskamer kom ruk. Ek sit in ‘n yskoue gang. Bloedvlekke skreeu vanaf die mure. Die stank vanaf die klein hokkie in die hoek vertel jou dat die dood hier sekelstaan. Binnekort sal die masjiene eentonig lank en uitgerek biep. Bloedbelope oë staar intens na jou, asof jy […]
Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind. In grys, op heuwel, deur newels verberg goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane uit ‘n liggaam verskeur gedane vasgespyker aan groet en bloed hang Wonderbaar’smoed In klip en gruis – vergruis aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys swyg stig stik ruk sig traan-oë wat […]
Amor Agape Silwer
gevorm uit die braaksel van ’n psigopaat in die buik van ‘n hoer ’n genoom volmaakte chromosoom verdeel en vermeerder deur die liggaam uitgewerp verwerp soos opdrifsel in ‘n donker steeg weggesmyt in ou koerantpapier… tog, met arms wydgesper taai rooi druppend onder doringkroon skreeu U vir jou sterf ek my kind TETELESTAI – Amor […]
Lied vir Liza Silwer
Aan Matroosberg se hang groei ‘n blom van vuur tussen rotse en dorings en mos vele Clovelly-vryers is daarheen gestuur om ‘n blom uit die rots te verlos die paadjie na bo was onmenslik die ruiters het een-een gefaal die vryers misluk in haar opdrag om die blom uit sy skuilplek te haal sing jou […]
dubbeldekker-doodsbus (SILWER)
dubbeldekker-doodsbus Karen, mooi matriekdogter van Hoërskool Vorentoe staan sorgvry laggend en skerts onder bome – groen wyl haar vriendin, Elsa goedig tergerig die draak steek “Wat as ons vandag doodgaan”? Pieter se vraag – swart Pieter self oorbluf oor die gedagte wat hom skielik tref as skoolklok skel lui en nuwe skooldag begin in volkleur […]
Monsieur Le Fleur (Goud)
het jy al gehoor van die duiseltrap waar geen mens of dier dit waag te stap daar teen die hang waar die winde loei en die dood se skadus uit die naglig vloei diep oor die drumpel van die ou houtdeur wag die wroegverhaal van Monsieur Le Fleur het jy geweet hy’t die dood gefnuik […]