Gebrek aan kennis
My siel is verkreukel en my gemoed moeggetap. Oral om my is onherroeplike smart. Terwyl mensdom vol kritikasters heers Met onbesuisde woede wil beheer in vrees. Op gerugte van grootmaak ry hul die golf, word elke stofkorrel tot berg omgedolf. Sien hul kortsigtig, sonder selfondersoek. Glo hul die kronieke van elk geskrewe boek. Bedaar my […]
Lewensspore
Voddevoos die lap wat vlees sou bedek, rafel tot repies, verkrummel tot stof. Vuilgetrap in lewenslesse deur modder diep, verdrink. Soms met hartseer deurdrenk tot barste in eeltevlees. Skurf en ru geskaaf. Geknyp en ingevou tot elke naat gelaat in voete van baie ou. Le hul leweloos…. Uitgedroog en kaal, oortrek tot liddoring, deur bitter […]
ghaap die goeie hoop
ligte mis gordyne heers oor die baai vanoggend die voëls is min gesteur hul sweef en duik lustig my duin ‘n oop venster na die wêreld daar ver oor horison blink ‘n lig met ‘n sporadiese flits agter my dreun lewe bakkies wat bougoed aan ry vir bou werke luid lawaai ‘n werker sirkelsaag en […]
Maria Magdalena (‘n Verplasing)
Mense ken my as ‘n hoer en my suster dink ek’s mal. “Sewe duiwels dans om my; Here, ek het al weer geval.” “Laat haar staan,” het Hy gesê, “sy’t gekies om by My voete te lê.” Hy het my opgetel en van vergifnis vertel. My kruik het gekraak (soos my binneste) en ek het […]
Kind van die aarde
(goud) vir my sal Namakwaland se blomme ’n duisend danse dans en die aalwyne by Springbok sal rooioranje teen ‘n krans welwitchia sal oeroud stamme begrawe in die sandwoestyn iewers in die Namib ’n nuwe blaar vir my laat krul oor die warm van ’n duin in die vlakte van strandmere sal pienk flaminke steeds […]
straatdigter se kruistog
vanoggend sweef jou siel oor duine van hier by die see tot ver in suid wes daarvandaan oos na soutpansberge tot aan die ooskus by milibangalale deurkruis het jou siel die land van melk en heuning oor jare se reise van dorp na dorp en van hitte na sneeu van plaas mense tot stadsjapies se […]
soos duwweltjies
op my duin is daar nie dorings nie weg van die see af groei daar miljoene in pragtige geel blomme adverteer hulle die lelike duwweltjies wat nog gaan kom deur jou dun plakkies se sole steek dit word aangedra deur diere pootjies groei oral waar dit in sand val ware doring in die vlees soos […]
lente by die see
soos dit in een dag winter geword het is dit vanoggend van vroeg af al lente my duin straal klein hittegolwe uit wat blinkend refrein teen die see se deining naby in die swartland staan die koring geil-groen,regop en reg om saad te skiet plek-plek in droeër kolle begin die geel waar minder reën geval […]
afskrif van die skilderdoek
kleure prag in fynbos uitgestal rollende duine vol skilderye van Hom geen vermenging – slegs kolle saamgevoeg in neon kleurige skilderdoek wat leef mense lewens saamgevoeg in donker afrika se barbaarse veld geen natuurlike vermenging – slegs natuurlike skeppings drang wat reik na hoogste eer diere lewe verplant deur mense vermeng en herskep vir mense […]