Die Kaap is’ie djou gahzie (Die Kaap is nie jou Broer (nie) Silwer
ôs voetspore los ôs in’ie sand by’rie Kaap wyl heller kleure afskud in’ie Adderleystraat vier ôs’ie Alibama kleurvol soes garaam masala in’ie kerrie koolkos van’ie kêffie op’ie hoek die Boe-Kaap is’ie mee ‘n mooi Kaap buttons het’ie kop vedalah djy moet mooi trap wa djy loep ôs’e voetspore los ôs in’ie taai bloed van’ie teer […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 7
Hoofstuk 7 — Sondes uit die Verlede Matthew voer die heelnag deur ʼn stryd en vroeg oggend neem hy ʼn besluit, hy sal met die seuns na haar toe gaan en hy sal by haar staan want sy hart breek vir haar en iewers moet hy begin regmaak. Hy begeer Nathan Kilber se vergifnis meer […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 6
Hoofstuk 6 — Die Begin van ʼn Toekoms Die volgende dag het Laurie nuwe moed as hulle pad vat met die nuwe voertuig en sleepwa vol benodigdhede, ʼn kragopwekker en medisyne. Sy sal nie toelaat dat enige iets haar wegdryf nie, sy sal veg vir dit wat sy weet haar hele lewe is, Matthew en […]
Dit is klaar
Dit is klaar kom luister na my lied verstaan die woorde wyl ek snare span tussen Orion en die Suiderkruis speel ek ‘n laaste encore voordat my hart stil moet raak en terwyl die melodie se laaste akkoorde wegvloei oor die westerkim tel ek my spore op kyk ek vir oulaas om dan wanneer die […]
Sonsit (Goud)
wat is nou so lekker soos ‘n sonsit in die son as die wit ryp die miere soos ‘n sneeustorm kom pla en ‘n fluitende vriesbriesie die koudgeid deur jou dra dan lok jy die son ‘n hoekie in wat die winterwind verskans en sit net daar en bak jou lyf soos ‘n dassie op […]
Die gawe van gee – ‘n Kersboodskap (Silwer)
Die boodskap van die wêreld is, ‘sorg eers vir jouself en dan vir ander’. ‘Kyk eers goed na jou eie belange voordat jy jou veel steur aan ander se doen en late. Maak besluite waarby jý die beste gaan baat.’ Maar dis nie wat God van ons vra nie. Hy verag selfsug en eersug. Sy […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 5
Hoofstuk 5 — ʼn Nuwe Kameradie Einde September, terwyl die natuur verander van bruin na die ongelooflike kleure van die lente weet Laurie dat sy fokus verloor het oor haar doel met haar verblyf op die bergplaas. Sy gryp elke oomblik aan om saam met Matthew en die seuns te wees. Voel dit of niks […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 4
Hoofstuk 4 — Die Begin van die Tussenspel Laurie sluit haar oë en sit een oomblik stil in haar motor voor sy vertrek, — Here U weet beste, U het nog altyd na my gekyk en ek het geen rede om te glo dat U nie verder na my sal kyk nie — hou U […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 3
Hoofstuk 3 — Die Einde van ʼn Era Terwyl Laurie konstruktief dinge reël en beplan aan die veiligheid van haar pa is Matthew platgeslaan en amper gedisoriënteerd. Soos Laurie wat haar hele gemeenskap het wat haar bystaan het Matthew almal by die sendingstasie, maar beide voel in hulself alleen teen dit wat hulle in hierdie […]
Flenterwind (Goud)
die flenterwind het nes gemaak in bloekomblou se ritselbos soos ‘n deurskynkind sy fluit gevleg en deur elke blaar gewaai al was hy toe nog baie klein kon hy reeds die takkies swaai die flenterwind het groot geraak in bloekomblou se ritselbos soos ‘n weskuskind sy wrok gewys en deur elke boom gewaai al was […]