kleurvolle pes
– uil se mis hang wit strepe oor my kar se ruit soos pes uit die nag uit pes vervang wag dit daar as bewys – heimwee-loos klink uil se roep as waarskuwing vir al wat rot wat pes dra vergaar vrot – ©Teárlach
Koedoe
Ek weet nie wat het gebeur nie. Die een oomblik was ek nog regop; die volgende oomblik staan ek hande viervoet op die vlymskerp rotse. My hande pyn. My knieë pyn. Ek probeer myself orent stoot, maar ek het net nie genoeg krag nie. “Wat maak jy?” Die onverwagse stem hier agter my laat ‘n […]
Karoo verlange (Goud)
ek wil in eenvoud lewe ek wil terug na die Karoo daar waar die son oor vriespunt opkom en die velde ook nog glo ek wil my kommer neerlê en op ‘n klipkoppie gaan sit waar die koggelmanders en akkedisse nog saam in sonsit bid ek wil weer stewig vashou aan my God se regterhand […]
Kleingelowig
(Snelsonnet) As donker wolke hier om ons vergaar en beloftes van reën saam met hul bring hoe kan twyfel ons geloof so verdring as ons beloftes van hoop so aanstaar hoe kleingelowig is ons partymaal as twyfel en wroeging in ons rondmaal. © Taai Bonthuys
My vrolike lenteversie (Silwer)
Ek gee vir jou ‘n pot om vol lenteblomme te stop: gulhartig van kleur, welriekend van geur. Ek nooi jou saam op ‘n wentelbaan van oorvloedige geluk in ’n liefdestuin gepluk. Ek wys jou gul die vreugde toegehul van sonskynlag in elke nuwe dag. Die ware vind van eensgesind, in ‘n hart vol hoop vir […]
Lente-ontwaking (Silwer)
“Dis heerlike lente, die winter’s verby” bruis die woorde van die ou kinderliedjie ritmies deur my stram wese. Daar’s behoorlik ‘n huppel in my stap (al is dit net in my gedagtes) want gedurende die afgelope wintertyd (letterlik en figuurlik) het ek ‘n hegter verhouding met swaartekrag gevorm. Omdat my voete so stewig geanker is […]
Bloeiselblom
as ek kan uitstaan in maanlig aand met fluweel sagrooi wat drup uit my hart ‘n liefdeslewe ek en jy wat op wolke kan sweef ver weg van die seerkry aan gisters wil ek nie meer want vorentoe is daar ‘n lewe my bloeiselblom in maanskyn lig deel met my die pretwees van ons bestaan […]
winter se verlies (SILVER)
(ʼn Triolet) winter se verlies as ek terugblik oor die afgelope winter-seisoen het waardering vir lewe nuwe betekenis gekry die verskeie verliese van lewens: ʼn virus se toedoen as ek terugblik oor die afgelope winter-seisoen waar ons, ons vele vrae en vrese moes versoen het ons die uitreiking beleef aan die wat ly as ek […]