Krywers
Skrywers is mistieke wesens wat grasieus dryf van die wêreld van werklikheid na dimensies onbekend aan die gewone man op straat. Is ons normaal? Nee ʼn duisend maal nee! Ons lewe en herlewe dinge en gebeurtenisse nie net van hierdie wêreld nie, ons ontmoet wesens ver buite die denke veld van die nie-skrywer. Ons lewe […]
Vandag se wag
Jy’t geweet ek wag; oopbek soos Bainskloof se klowe vir ‘n ster beligte nag. “Toe lag jy net, soos ‘n Langstraat slet.” My twaalfde uur het gekom en stil-stil gegaan. Klowe het hul howe gebowe, en jy het letsels vol rowe; vars bloed belowe. Nou wag ek nie meer want die seer het geleer om […]
Selfmoordbrief van ‘n Nar
Weet julle wat gaan ek mis? Die trillende brul van Mufasa elke oggend kort voor die son opkom. Die treurtraan van oggendwasem aan die binnekant van my ou Gypsy karavaan vensters. My polisiekoffie voor dagbreek, ʼn vroeë tandeborsel voor nog ʼn oninteressante dag. Vir vyf-en-dertig jaar was ek goed genoeg om almal te laat glimlag […]
Kameeldoringboom
O statige Kameeldoringreus met jou majestueuse magtige arms wyd en oneindig, die niet in gesprei met jou blare ʼn skadu-reën verleen uitweg van moorddadige sonnestraal Knus in jou kragtige arms skuil versamelvoël gesange jou skurwebas se donker gange verborge hou talryk beskeie lewe skarrel hul deur kraak en skeure wie is daar wat jou liefde […]
Renoster
Die namiddag-son beloer die vaal gras, waar jy rustig staan met jou skadu-jas. Van vêr af stewig gepanser en grof. Yslik groot, grou grys en dof. Bosluisvoëls vergader Jy peusel Tamboties Die mooiste mooi Vir ewig simbioties Van naby stilweg sagkuns in jou wees, edel in gestalte- ‘n bosveld reus. © Carla Visser
VERWAGTING
(Vroeër het die warm son soos ‘n hellevuur gebrand, deur die dynserige hemel bo die purper krans se rand) VERWAGTING Dis die einde van Oktober en die middag is al laat. Bo die boulevard (in Brackenfell) en die karre in die straat, oor die hoogtes en die heuwels waaragter Bolandberge kring – hang die donker […]
Vir ‘n malgas
Soos ‘n malgas – by Lambertsbaai – wat altyd weer terug huis toe kom en neerstryk op eilande van sand (na ‘n dag van wind en weer en water) om rus te vind op land – só was jy nog altyd. Weggevlieg, maar omgedraai soos ‘n malgas doen by Lambertsbaai. © Carma Shaw 28 Oktober […]
DIE DUIWE MAN .
Die besonderse duiweman het ek ontmoet. WAT N BESOBDERSE MAN! Die liefde vir sy duiwe kom uit sy hart Sy duiwe word gestuur regoor die land. Hy vlieg sy mede duiwelede aan die brand. Soms op afgelee plekke word hulle gestuur. Dan salhy geduldig wag tot laat in die dag Vir sy louter plesier. Die […]
Die onskuld van walvisse
Die wind waai uit die Kogelberg om oor Stony Point te woed en oor Waaygat hang die stank van walvisvet en -bloed * Maar nóú edeltin die waters, die baai* lê so onskuldig in die mis waar vandag nog net die reste en die spoke van fabrieke is. Die wit klip en die strande is […]
Hierdie kind van Afrika
Waar was ek toe als nog so stikdonker was lank voor die eerste lig’t verskyn, toe U twee klippe kap tot vonk – waar was die kruitvat, waar die lont? Hoe vurig die geboorte van die son. Was ek daar toe U die sterre deur die heelal string, toe U die maan poleer tot edeltin […]