Selfmoordbrief van ‘n Nar
Weet julle wat gaan ek mis?
Die trillende brul van Mufasa elke oggend kort voor die son opkom. Die treurtraan van oggendwasem aan die binnekant van my ou Gypsy karavaan vensters. My polisiekoffie voor dagbreek, ʼn vroeë tandeborsel voor nog ʼn oninteressante dag.
Vir vyf-en-dertig jaar was ek goed genoeg om almal te laat glimlag en sommer skater met al my toertjies, terwyl my hart verlore is, in ʼn vervelige oninteressante sirkus mallemeule. Nou wil julle my weggooi, vir ʼn ander Nar? Net nog ʼn aap wat glo meer “tricks” ken as ek, na amper veertig-jaar wil julle ʼn snotneus-dwerg my plek gee.
Julle wil my weggooi soos ʼn gebreekte meubelstuk, soos een van ons ou staatmaker diere wat sy laaste alles gegee het en net goed genoeg was vir die ashoop, nie eers ʼn aftreeoord vir diere nie.
Ek sal nie toelaat dat ek sommer net nog ʼn bondel vuilwasgoed op julle voorstoep word nie.
Soos julle teen hierdie tyd reeds weet, het ek myself vir ewig in ʼn vlammende “Canonball”. Jammer Deidré, ek weet dit is jou “trick”.
Ek wou nog altyd ʼn lewendige vuurbal wees. Ek weet nou nie of dit goed gewerk het, maar ek is seker julle sal my nooit vergeet
“Lovies”
Tobie
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Woordwewer
Koel :-)