BOS BLOMME
Wanneer jy weer Paarl toe ry pluk vir my varkblomme langs die pad sodat ek op ‘n gepaste oomblik myself in die lente kan verloor en wanneer jy weer huistoe kom gee vir my jou ongetemde hart sodat ek ook soos jy kan asemhaal wanneer die dag haar ure oor my eb en vloed. Ja, […]
My hart se sprokies wêreld
ek wens ek kon verdrink, voel hoe adrenalien opbou voel hoe my liggaam baklei om te leef baklei vir ‘n skeppie asem voel hoe my hartklop styg en stadig daal ek wens ek kon voel hoe my hart tot ruste kom en my siel tot kalmte bedaar, ek wens ek kon my oë toemaak en […]
Drome oor jou
drome oor jou groet my in plaas van jou, hulle is vriendelik en druk my hart met kosbare liefde kosbare liefde is dit jou siel wat kom kuier by my in die stille sterre nag, is dit ons harte wat steeds in geheim saam wandel vriende wentel soms uitmekaar, sielsmaats bly in mekaar se wentelbaan, […]
Dagdroom sindroom
ek wil praat maar my mond voel swaar en woorde te lig om uit te dra vir die wind wat als weg waai stilte klou aan my stembande, soos klitsgras aan ‘n wolkombers snoesig en warm is die stilte, maar tog is daar ‘n gekrap en prikkel oor iets wat ek self nie verstaan rustigheid […]
droom… (Silwer) 326 woorde
‘n Mens is nooit te oud om te leer nie. Op geen ander plek op aarde verstaan jy dit beter as in die ronding van ‘n plomp kinderarmpie om jou nek nie. Wat sy vir my wou sê, was baie belangrik en die oogkontak was nie na wense nie. Wanneer die ogies met groot erns […]
Vrese vol vandag
Geval soos ‘n verhefsde blaar koud in nat grond tussen ontroosde dorings herletsel in ‘n vreemde slinger vol vergankliksheidsvrese en al soek hulle jou sal hulle jou miskyk deurtrek in geel, rooi en bruin so sal jy wegraak in jou skare van skaduwees tussen die wat jou hand vashou. © 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Soos ‘n blaar wat val
Ons is anders as alles met buiteseisoene wat inwaarts woed verlore en verlate as gevolg van onsself elke keer as ek ‘n mens hoor gaan spartel gedagtes in my kop; verkorrel die verloop van tyd deur my vingers – dis juis dan dat ek so graag wil vlug êrens na ‘n ander plek soos ‘n […]
‘n Dag vir droom(silwer)
“Deeds cannot dream what dreams can do” EE Cummings. As ek die blare hoor val en hul dans bespeur in die opera spel van natuur kan dade nooit droom soos wat drome doen, ligs hy op windjies sweef so op sy eie dreef en sy val die grond beklee sing ek luidkeels mee dit is […]
Die keuses wat ons maak (Silwer)
Ons elkeen skoei ons lewe volgens ons eie keuses en gemak. Sommige van ons probeer die hoogste sport in ons beroep bereik. Ontsien geen moeite om soveel moontlik te leer, soveel moontlik tyd te bestee, en alles in die stryd te werp om tree vir tree daardie korporatiewe leer te klim nie. Ons leer soveel […]
Prentjiemooi
betowerend fluweel sagte satyn flink sy haar kwassie heen en weer in die natuur bewonder sy kleine katryn in haar pink rokkie elke keer kleine diertjies en goggatjies op haar deursigtige bord pas dit netjies speel haar gedagtes om lieflike prentjies daar waar die blommetjies ragfyn vertoon stil beleef sy elke geluidjie se musiektoon neurie […]