Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 5
Hoofstuk 5 – Bekendheid in die Chaos Met die instap in die teater se opwaskamer, is die teater suster gereed met die jas, en sy stap in hom in asof hulle dit al tevore saam gedoen het. Die bekende skrop roetine bring die gevoel van, ‘dit is hier waar ek wil wees’, terug in haar […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 4
Hoofstuk 4 – Wêreld Sonder Geheue Zuluika gaan deur die ure van die lang vlug met verligting, elke uur is ʼn uur verder weg van die verlede, en nader aan die moontlikheid om weer nuut te begin. Sy lees nie, sy kyk nie televisie nie, haar gedagtes loop lang paaie, seer paaie, maar ook vreugdevolle […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 3
Hoofstuk 3 – Hoe Vryheid Voel Die weersien, die vashou, die trane van liefde van hulle wat haar en Rudolph so liefgehad het, is so ver weg van wat Zuluika ken, sy weet, hier is mense wat haar so lief soos hulle eie kind het, altyd gehad het, en ʼn ou hartseer krap aan haar. […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 2
Hoofstuk 2 – Hoe Vreemd die Oopte Hulle ry in stilte na die Unitas Hospitaal, Zuluika voel die opgewondenheid in haar om Laurie Kilber te sien, en die liefde vir haar ‘suster’, wat sy gevoel het, van die oomblik toe sy haar ʼn leeftyd gelede op Louis Olivier se plaas ontmoet het, is in haar. […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 1
Hoofstuk 1 – Uit die Engte Dit is sestien Desember 2015, wanneer Zuluika Zuess wag vir die oopswaai van die deure van die ou ‘Pretoria Sentrale Gevangenis’, nou genaamd, ‘Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum’. Die woorde van die vele gesprekke oor die laaste weke met die Superintendent maal in haar gedagtes, ‘Net jy kan jou […]
Sterrebeeld SILWER
Sterrebeeld Jy sterrestrek dwarsoor my swarthartplek se donkernag En skitterskyn derduisend flonkerfyne stukkies prag Ek skilderskets daarmee ‘n hoopvolets in huiwering … Ons spikkelspoor dankbaar my hartverloor die heelal in. ©ASvdMerwe
NET JY EN EK
Ons nag-uur se sweef in ‘n bewustelose trans Is die vrede wat ons begeer weg van die glans Daar waar ons stil word in ons alleen-wees plek Waar ons niemand hoef te wees nie, net jy en ek Hoop ons werklik vir lig, wanneer toegevou in ons donker plek Wil ons werklik uit daardie wonderlike […]
OKTOBERMAAND
Omgolwend kantel ons teen ongekende oewers bewakers van onsself ewig dobberend resensente van mensgemaakte aardkors meganismes aandeelbesetters van nemesis asems dwalend, soekend, verlore. © Okt 2021 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Oktober trane Silwer
Onder die treurwilger bloei ’n roos Kromsteel opgedraai na die son Tranespikkels Oggenddou Blink soos diamant Elke roosblaar Roesrooi druppelnat