Sandkasteel (Brons)
met korrelgedagtes (deur genade beklad) bou ek van gisterdrome ‘n sigbare skat met sandsteenwoorde (gestut deur lewenservaring) laat ek dit gestalte kry in verskillende genres en strukture beeldende klank resoneer (skommel deur gemoed) met wiegende maat in eb en vloed onvoorspelbaar die lewe (voortvloeiend tussen see en land) tog bou ons daagliks met vertroue in […]
‘n Reis na die son
(In Egiptiese mitologie is die son die regteroog van Horus) Icarus, graag sou hy wou met sy wasvlerke in ‘n magiese vlug na jou vertrek- die dood het hom kom haal; sou hy dalk sy laaste pyl na jou toe snel? As ék die tog neem vanaand die donker in, wipperig in droom verblind hoe […]
Die prys van die liefde. (BRONS)
Die prys van die liefde. As ek so sit en dink aan die liefde, wonder ek of outydse liefdesverhale nie net soetsappige snert was nie. Daardie soort verhale waar paartjies verlief geraak het, maar dan gebeur daar iets wat die verliefdes uitmekaar hou en dan voila! kom hulle weer bymekaar uit. Die uiteinde is dan […]
Ek wil lewe (goud)
Vat my enige plek saam met jou enige plek weg van hier enige plek waar vergeet kan verlig ‘n plek met purper plesierighede soos in die mik van jou arms of oor die heuwels van jou heupe waar jou hande veilig oor my kan veld ‘n plek waar buite ‘n binneding raak waar net ek […]
Metafoormens
Ek het gisteraand aan die slaap geraak in ‘n sterrebed met jou hier aan my sy ons het soos dryfsiele in jou bed gesweef ‘n hele nag later wakker geword en geweet die lakens tussen ons is te dik die kamer ruik na slaap en sweet. Jou hande het nog vasgekleef aan my vel en […]
Ek soek jou
ek soek jou in die skoonheid van die natuur daar waar my roksoom raak as ek gaan sit en wag waar water druis kan ek vir ure stil tuur op soek na jou beeld ‘n oomblik in pag ek soek jou in die blou lug wanneer drome rondom my wentel in die natuur voel ek […]
Kennis Verlos
gedruk in grys boekies as oorspronklik gemerk deur sosiale media gedubbel toets en waar verklaar. op ń doring tak groei lykens stadig tentikels diep ingegrein vervaal tot stof. maag draai, hare rys kennis spoel vry van geskrewe stof in drome.
Granaat liefde
Soms is my weerstand min wil jou so graag in my arms bemin jou toevou met sagte vlinder vlerke want jy laat soet sap uit my rooi granaat hart tap
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Binnedisse
sag sluip dit deur jou are jaar na jaar dieselfde bloed in dieselfde mense met ‘n hartklop, ‘n asem en duisende drentelente gedagtes buite buig almal al te graag saam jy verduidelik hoekom dieselfde mens nou so anders lyk maar jou hart ruk nog ‘n binne-ding uit ‘n lyk en ‘n paar skerwe jy staar […]