Formidabele vrou
Diep in die donker nag met draai van uurglas hingel my gedagtes in huiwerende trag oor grense en gebeure wat deurskif uit geheue. Moeders in hierdie tyd wat verskeie skoene volstaan met (on)sekerheid in raakvat-hande wankellose tred dapper ankerstaan om in voorste linies te veg vir selfbehoud en eie reg. Waarheid lê verskuil in worsteloë […]
sweef
“Vincit qui patitur” spikkel rooibosduif kyk vir my spikkelduif koo-koo vir my; en ek staar soos hy staar, namekaar-koo-koo, vir stralende warm son strale wat vir ‘n oomblik streelend ons enig soos twee verlorenes opsoek, opsoek na liefde in die stilte van die siel, wat ritzel in bruin verbluikte takke van winter waar die gisters […]
EK IS – (goud)
Ek is die seemeeu; speels in die wind ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg en soms is ek die klank van jou stem ek is die aand saam met jou onder die palms toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar maar vanaand is ek die stilte in jou gister se […]
Droomland Silwer
saggies trap klaasvakie oor die vensterraam se rand om sy heupe swaai ‘n sakkie vol goue droomland sand tik-tak tik-tak steun oom horlosie op die rak klaasvakie steek sy hand diep binne in sy sak grootoog lê die kleinding onder sagte dons en gaap goue droomland sand gaan hom baie gou laat slaap maanlig gooi […]
Somersaande (Silwer)
ek verlang na somersaande en ‘n vuurtjie in die sand die wind wat saggies suisel oor die soutsmaak van die see na die bloeisels in jou hare en die aanraak van jou hand… Seirdna (Silwer)
Die Swaan
Daar iewers het ek my Rembrandt vergeet sy bloed pers nog druppel-drip uit my hart, en ‘n akrielreuk wat my verlange verhard- daar iewers het ek my Dali vergeet oor ‘n geruite vloer, tamboer dit my, wyl ‘n pappegaaibek kwas snik-snik demp- daar iewers het ek my Monet vergeet in ‘n reën-nat papawer tuin tussen […]
Doel van Slaap
in sagte koel katoen voel my buitelyf tuis in holtejie heuwel rus my nek in my kop woel die ongeduld oor doel. oë toe, van toon een oor bene na nek sak onbewus die slaap kop maak sy movies oop blits belangrike vaal beelde in ń doellose wese.
God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
Ontsnapping
(goud) Ek lê in my armbuurt saam met ryk mense en ek hoor hoe baldadig hulle in oorvloed lag en rondval dronk gesuip aan hul eie ego’s al wat ek wil doen is op die rug van ‘n wilde perd spring ‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke en hierdie plek van lyding agter my […]
Rietfontein
Rietfontein Vers 1: Daar is ‘n plek Waar die hart se seer vergaan Waar ‘n kind se vrese spoorloos verdwaal Daar doer in die ou Wes-Transvaal Vers 2: Hierdie plek klitsgras Aan mens se hart ‘n Plek wat die lawaai sus Met ‘n windpomp se draai Koor: Rietfontein, onthou jy my Na al die jare […]