My Sielemaat
My Sielemaat Vers 1: Soos ek lê hier by jou In jou arms toegevou Maak die hele heelal Nie saak vir my Vers 2: As jy só na my kyk Jou asem voel in my nek Dan weet ek maar net Dié is my plek Voor-Koor 1: En ek glo Niks kan ons vlam van […]
Blaartjies
Blaartjies Vers 1: Weet jy hoe sien ek ons Ons twee is soos tak en blaar Die een oomblik is jy hier Dan skielik is jy nie meer daar Vers 2: Soos ‘n boom in die grond Geanker wag ek vir jou Maar daar kom nuwe blaartjies So besluit dus baie gou Koor 1: Ek […]
Zizzie by ʼn feetjie konsert. (brons)
Zizzie by ʼn feetjie konsert. Vroegaand sit mamma my in die bed. Sy lees vir my en soen my sag in my nek. “Lekker slaap Zizzie, droom van feetjies fraai tot mamma jou weer môre kom wakker maak.” Met oë toe lê ek en droom in my bed – veilig en warm toegevou. Ek voel […]
Kan Jy Nog Onthou?
Kan Jy Nog Onthou? Vers 1: Ek onthou die sorglose dae Van kind-wees, van vry-wees Die goeie ou dae se dinge Vasgeweef aan my hart se lappieskombers Vers 2: Daardie dae was dinge so anders Het ons nog buite gewawieldraai En gehalte tyd as een gesin Om een tafel spandeer Voor-Koor: Kan jy nog onthou […]
Woestyngebed
Ek is ‘n wilde Kalahari kind vaal verlate vlaktes verf my spore dansend saam met sonbessies in die wind gannas en brakbosse lag in my ore en duskant vandag se skraal ure soek ek jou nogsteeds soms in my drome met dor hande; selfs in koue vure tussen klip-koppies en kokerbome en ek wens dat […]
Vat My Terug Na Die Platteland
Vat My Terug Na Die Platteland Vers 1: Ek onthou nog daardie dag Toe my hart nie meer kon wag Vir die stad se liggies Om my drome waar te maak Vers 2: Maar iewers hierso op my pad Het die goue liggies van die stad verdof En hul glans verloor Wat bly dan nou […]
Onvergeetlik
Onvergeetlik Vers 1: Al vergeet ek my woorde En het ek nie meer volle beheer Oor my doen en late Sal ek steeds hierdie weet Vers 2: Ek sal weet wat liefde is Sal weet waar my hart veilig rus Ek sal weet Aan wie se sy ek behoort Koor: En al maak die jare […]
L’Agulhas
Op Struisbaai se kaai lê skuite vas aan my geanker, damarasterretjies sweef anderkant die branders tot waar swarttobies waak oor die duine- kleef my hart vas aan jou ek wens dat ek, saam die noorkapper kon dans saans onder die lig van jou toring, ek wens dat ek, my corpus soos skeepswrakke aan jou kus […]
Iewers
Heer, iewers wil ek uit die wit sand grond langs die kus met sy sout see lug, dalk net my kop laat rus Die witsteenmure en kajuitjies wat uistrek saam die arms van die dag en ‘n spitsoor staffie, wat klokslags na fisante aas Skiet ons eggo’s weg in die sterre saam die nagtegal se […]
Staat van inperking(silwer)
My wintervingers is ingeperk agter leë grendels toegetrek tot waar duifies oor die dieperblou vertrek wonder ek, soos ritselende winde my gedagtes ruk- Für Elise laat my verbeelding vry so nimmerstil so onverstaanbaar mooi melanchollies die donker in stil, stil my kind sing die wind kom lê by my stille nag laat my voete oor […]