Boer Johan soek ‘n vrou
Boer Johan soek ʼn vrou, deur Stephan Uys “Nou’s ek moeg gelieg!” sê Johan vir homself, en gee ʼn gedempte vloek. Hy vryf die krampe uit sy kort dik vingers. Hy het nog nooit van skryf gehou nie, en die brief aan “Boer soek ‘n vrou” het sy tol geëis. Hy sit tevrede agteroor en […]
Die Mense van my Hart
Ek is gebore in Bloemfontein in die Vrystaat in die goeie ou dae toe hierdie land net vier provinsies gehad het en jou keuse van watter rugbyspan jy voor skree beperk was tot Transvaal, Noord-Transvaal, Vrystaat, Natal en die WP. My pa was ‘n hoogs bekonkelde jongman! My ma was, so ver ek weet, altyd […]
DIE WAARHEID
DIE WAARHEID Ek staan met die sluier se punt in my hand, besluit of dit af te ruk want die waarheid moet uit. te veel geraamtes in jul kaste. Beskerm die naam, beskerm die idioot, beskerm die organisasie ter wille van my stilswye Te veel pyn, te veel intimidasie te veel liegstories te veel slagoffers […]
Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]
‘n Korreltjie jy
Jy wat in kind wees wil dwaal, op grondpaaie van onthou stap, opsoek na jou plekkie in die son met die verlede wat in jou gedagtes maal. Jy wat die lewe dra – wat gebroke harte wil heel, maar argeloos trap hul op jou seer, ontnugterd is jy, as jy vra. Eensaamheid skrop nes in […]
Ma se kind
ma se kind so onskuldig klein jou handjies en toontjies tog so fyn jy’s pragtig my seuntjie jou laggie die mooiste deuntjie jy vul my hart met trots my liefde vir jou stewig soos ‘n rots jou lyfie so warm en sag hier langs my elke nag jou soentjies en drukkies is wonderlik die hele […]
afdae
op pensioen is daar ook afdae dae waarop jy wil rus rus van mense en dinge waarop die pyne sag maak jy nie lus voel vir bejammering waarop jy stil wil word voor Hom geen afleiding – geen ander prikkels maak dit jou vreemd of kluisenaar is jy dan ‘n anomalie van lewe onverstaanbare buierige […]
gedagtes
waar ek teen berg opstap op eeue oue voetpaadtjie uitgetrap deur vele voete ruwe voete sonder skoene baie styl kronkelende roete hoog op teen blou kranse bo sit ek op oeroue rotse saam gesmelt in oer tye grof verweerde vulkaniet beskou ek vlakte verder suid van groot spelonken to ver teen wolkberge aan so leer […]
Vir die vrou tussen ons
Jy’t soveel harte aangeraak in jou lewens seisoene – soveel trane afgedroog en opgevang in jou kruik van gebed, soveel stukkende harte heel gemaak en getroos as jou kind verlang. Mag ons jou meer waardeer, meer raak sien as ‘n vrou wat ook kan huil en verlang. Wanneer die herfsblare van die lewe begin afval […]