Nou weet ek, Ma
Sterstatus: goud Jy knoop my vas, jy bind my los met naelstringwoorde soos suikerbos en kandelaar, Komaggas en Soekmekaar. Jy kweek in my ‘n liefde vir ons taal. Jy hou my teë, jy laat my gaan, jy bly my by. En ek verstaan – die band wat ons gebonde hou strik sag, maar tog ook […]
MY ZALI
My Zali die omkrul hoeke van my siel is skaam tog lê die blaaie oop en bloot en uit die dieptes van haar moederhart kies my Zali vir my ‘n spesiale naam tussen al die wilde lyne deur van ongeslypte dom-onsekerheid gaan sy my gedagtes mooi inkleur met die heldergroen van Haasgras en die goud […]
MOORD STORIE
MOORD STORIE Lexi Liebenberg het in die vroeë oggend, om 5uur, gaan stap soos altyd elke dag met haar daaglikse onspanning roete deur die veld. Sy hou vreeslik van natuur en was vasgevang in haar eie wêreld. Die vars lug ingeasem en die beeldskone natuur waardeer. Op pad het sy ewe skielik besluit om vandag […]
moeder
met eerste lig in my oë was sy maar daar haar donker oë flitsend oor my wakende oë wat alles sien sy was my moeder rein soos iemand wat moeder is kon wees geen taak te moeilik geen sonde te lelik liefde was sy liefde het sy gegee ingeplant in my gene in my gedagtes […]
Mamma
MAMMA Mamma, jy wat taal op my tong geplaas het kleure in my oë geverf het ‘n storie in my ore geplant het ‘n dansie in my spore gesaai het blomme in my trane rangskik het ‘n gebed in my stem gevleg het Mamma… dis jou siel wat onder my vlerke in geblaas is jou […]
Naelstringtaal
Vanaand sit ek mensalleen terwyl my gedagtes herinneringe baar moederliefde is ‘n kosbare ding wat my hart in tale laat sing. Waar is die dae toe ek nog knus op haar skoot, my kon verluister hoe Wolf vir Rooikappie fluister: “Vat jy hierdie kortpad en ek die lange, dan kyk ons wie is eerste daar.” […]
GRYSHEID VAN MY MOEDER
Terwyl ons rustig sit, val my blik op ma se gesig. Met effe skok deins my asem terug. Hare eens rooi, nou ‘n skakering van grys. ‘n Hartseer vul my oor die lewe se prys. In lyne en kreukels lê ‘n eens jeudig vlees. In haar oë vol van hartseer kan ek baie lees. Stadig […]
Mei 2018 Projek – Moeders
Mei 2018 – Moeders Die projek hierdie maand bied jou die geleentheid om blootstelling by die jaarlikse gala-aand te kry. Die wenner in die digkategorie van die Mei projek se vers sal deel uitmaak van die amptelike program van die aand en sal by die geleentheid voorgelees word. Jou opdrag hierdie maand: SLEGS 3 INSKRYWINGS […]
Die Automatic
Die ‘Automatic’, deur Stephan Uys Hier op die plaas buite Nigel is daar altyd te veel om te doen en nie genoeg hande om die werk gedoen te kry voor die son sak nie. Pa boer met bees en gesaaides, en die enigste kans vir stilsit is as die Bokke se wedstryd oor die draadloos […]
Afrika Kreet
Donkerman, vandag het sy kleed om ons gevou soos ‘n maan wat verduisterd agter ‘n son baljaar tot die melkweg sy skitterblink laat straal en ons soos motte na die liggies staar, deur ‘n heelal vol klankende golwe – behalwe vir die kleingeestiges wat dink die Kaap is weer Hollands. Ja, wanneer môre se dou […]