‘n Nota op jou kopkussing (12)
Wanneer hartseer aan jou hakskeen hap en jy vergeefs poog om hom af te trap sal ek die skuilplek vir jou vrese wees… Kan jy die liefde in my arms lees? ©Anton Bosch 13/01/2019
Onthou
Uit die brokkies van onthou, het die populierseisoen in goud gestaan onder die hemel se asaltblou, was die aarde in goud beslaan. Ryp was die vrug van geluk ongeken, vreugdevol, soet en rond, waarvan ons kon geniet vir ‘n ruk, maar uit tyd en pas val dit op die grond. Stom, was die bergwind se […]
Pieter die Pou
Pronk-pronk loop hy oor die werf, met sy stertvere in die lug. Geen reëls, ‘n baie gelukkige pou van wie almal in die buurt hou. Mens hoor sy geskree van vêraf, maar wanneer my suster sy naam roep kom hy aangehol-vlieg, vir ‘n lekker handvol kos. Pieter is eintlik die bure se pou, maar voor […]
En as sy dans
Een vir een klim die klavier noot vir noot swaar sak die klawers in die bas uitgerek en strelend, dralend verweef die note tot net een geheel. En as sy dans word vlees en gees net een, swewend op die vlug van vervoering grasieus streel haar vingers die lug voel haar liggaam die vloei van […]
‘n Nota op jou kopkussing (11)
Kom lê jou kop hier teen my bors kom les by my jou liefdesdors vertel vir my jou hartewens en eet ‘n feesmaal uit my liefdespens ©04/01/2019 Anton Bosch
‘n Nota op jou kopkussing (8)
As jy vir my jou liefde gee, dit net aan my sou toevertrou sal ek vir jou my alles gee my sielsgenoot, my Engelvrou ©27/12/2018 Anton Bosch
Flenter-vlerke van liefde
Flenter-vlerke van liefde deur die vloedgolf van vele dae het ons twee saam begin stap en midde-in die veertigdae storm het die tortel my vrede met ‘n botselgroen olyftak aangebring op die offertafel van jou liefde het jy my die ram in die doringbos gewys daar waar jy turend in die Braambos kaalvoetspore van genade […]
My Gebed Vir Jou
Ek bid vir jou… ‘n bietjie sonskyn op ‘n reëndag, ‘n druppel vreugde vir jou pyn. Ek bid vir jou… ‘n lepel vol van liefde om die hartseer weg te weer, ‘n skeppie vol van vriendskap om die eensaamheid te keer. Ek bid vir jou… ‘n hoëveld donderstorm om jou aarde nat te lei, ‘n […]
Ek Skryf Vir Jou ‘n Storie
Ek skryf vir jou ‘n gordyn-oopmaak-storie, ‘n storie wat die sonlig van die morestond diep in jou hart laat skyn, wat die koue van die nag soos die oggendmis oor die veld laat verdwyn. Ek skryf vir jou ‘n vars-grond-na-die-reën-ruik-storie wat jou hart kan was soos ‘n hoëveld donderstorm die veld laat blink en die […]