Kaalvoet Kakie
Kaalvoet op die son se rug oor die savanna se duine jou kakies en die rooisand, jou skadu se lyne Winde kam die grasveld aai aldeur jou drome waar God se planne saamsmelt en jy elke korrel sand laat geld. © Carla Visser 01.02.2018
serannie
agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]
armoede
kinders klein met skurwe hakskene barstende tone in spierwit ryp stap hulle skooltoe en hoes heeltyd neusies loop strepies oor vuil gesigte neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers” meeste het maar swaar gekry na die oorlog meeste het met meelsakbroekies geloop meeste het maar op pap en sous gelewe meeste het opgestaan en sukses […]
legio
geskrifte bladsye lank boeke vol van gedagtes dansende letters wat bewe honderde gedigte gee lewe leipoldt, totius, eugene marais van wyk louw, fagan en opperman duisende wat daarna gekom het miljoene gedigte in ons taal afrikaans het gegroei tot legioene boeke hoeveel daarvan het nooit die lig gesien en lê op ‘n rak iemand se […]
ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]
soekend
elkeen besit dit elkeen weet dit nie elkeen kan dit geniet elkeen kan dit ontwikkel baie leef spreekwoordelik daarvoor baie het geen besef van die waarde nie baie kan meer daarvan maak in hulle lewens baie kan leer daaruit en hulle lewens versterk die wat dit besit leef die wat dit nognie ken soek die […]
Jou oë
die meesterstuk uit God se hand met elke blik sien ek myself glimlaggend kyk dit neer op my flikkerend koester ek dit, jou oë getooi met die mooiste kleur deurdringend elke beweging want die liefde wys elke geur ‘n tinteling gekoester met liefde so eie aan daardie tremprament glimlaggend en stout elke oomblik opwaarts en […]
Oggenduur
luilekker warm strek my arms aan ‘n oggenduur uitgerus gaan my gedagtes aan die rol ‘n dag se werk bedink aan opstaan beslis is dit nodig maar wie het nou lus uit vuurwarm bed uit op te staan knoesig onder die kombers knus in manlief se arms begin my dag met ‘n sopnat warmgroet soos […]
Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim en alles wat aan bome moes bloei verdroog kruipend teen die grond rondsleep, dobbel ek met karma – daar is te min tyd en geloof; te veel geld en goeters wat windgejaagd nagestreef word en iewers in ‘n stad woon daar mense in opgedinkte tronke en hier […]