soekend
elkeen besit dit
elkeen weet dit nie
elkeen kan dit geniet
elkeen kan dit ontwikkel
baie leef spreekwoordelik daarvoor
baie het geen besef van die waarde nie
baie kan meer daarvan maak in hulle lewens
baie kan leer daaruit en hulle lewens versterk
die wat dit besit leef
die wat dit nognie ken soek
die wat lank genoeg soek vind
die wat daarin lewe vind vreugde
hoe moet jy dan maak
hoe kan jy dit dan ontdek
hoe kan jy dit herken as jy dit sien
hoe sal jy ooit daarsonder kan gaan
die lewe is ‘n lied
party sing dit mooi
ander sing maar baie vals
almal soek na erkenning en liefde
Liefde is die begin en die einde
©Teárlach
(Ek het jou lief met ‘n ewige liefde)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek