wind in my hare
ek soen die wind wat waai my hare ligtelik deurmekaar ek trek op in bloue lug en sweef my hele wese ruik die vars seelug golwe van verandering spoel ek staan vas op my duin Rots waarop ek staan sal nooit vergaan hoe soet is wind koel omhelsing sy hou my vas en dra my […]
‘n Gevoel van warmte
Lê die storie van my hart soms verlore en alleen laat my weer onthou van die werklikheid saam met jou … Voel my nabyheid tussen gister se herinneringe , en môre se drome hoe diep my liefde vir jou lê kan ek nie in jou woorde sê En wanneer die wind sy liedjie kom sing […]
bonsende hart
liefste marietjie jou mooiste ogies ondeunde vragies jy is my madeliefie liefste melodietjie lokkende glimlaggie heuning soet laggie my mooiste liedjie jy skitter in die aand hart bon-bons saggies liefde gloei vanaand ©Teárlach
man + vrou = huwelik
alles wat lieflik is maak jou hart sag verbeter jou dag alles wat loflik is hoflike mans is reg maak vroue waardeer eerlike vroue presteer ongesofistikeerd eg ervaring slyp verhoudings liefde deur gelyke deelname maak vir lang verbindings ©Teárlach
My beminde in droom
bruin gebrand aantreklik verby om in sy skaduwee te sit is hemels sy liefde soet gegeur met ‘n glimlag hou hy my vas tussen die lelie van dale omring is ek met sy sterke arms keurig verkwik ek my in sy nabyheid soos ‘n klok klink sy stem in my ore terwyl sy lippe oor […]
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
Die ander vrou deur Lynelle Clark
As geskeide vrou leer jy vinnig wat beteken die terme: Die ander vrou. Dit is nie iets waarvoor jy beplan nie maar is onvermydelik wanneer jy weer betrokke raak met ‘n man. Julle kan hoe diep in mekaar se oë kyk en op elke vlak mekaar aanvul maar sy is die een wat hom die […]
verbrokkeling
soos seewater in skuimstrepies uitspoel strand verdeel tussen nat en droë sand waterdiertjies en land diertjies skei watervoëls en landvoëls versprei so versprei geloof mense verbrokkel in vakuum kompartemente wat netso vinnig soos skuim op strand verdwyn wanneer Hy weer kom ©Teárlach
Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding n.a Ingrid jonker – Ontvlugting Tussen wier en gras sou ek ook wou soek – na vryheid, verlossing en God. In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien – van min of meer dit wat ék nooit sou vind. Die gladde son en die rowwe maan het dalk ook binne my ontbind, dit […]