Terstonde Drange
Hierdie keer sal ek probeer om die stiltes in my binneruim sonder taalpatrone of lyne oor my naakte lyf; net vir jou om te keer. Want vrolik en vrouehartig wurm ek in walms van wanhoop- deurdring met diep drange om my onverdeelde hart te oorwin. Hierdie keer sal ek regtig hard probeer om saam met […]
Junie 2017-projek -EERSTE
8 vm., 1e. Junie 2017 Junie 2017-projek — FAK Eerste! Die Hiefel en die Fiefel is op besoek by hul kammalandse Tannie in haar bosveldhuisie. „Ag, Tannie, sing jy van blomme vir ons.” „Kinders, kinders, díe tyd van die jaar is alles gevries. Kyk, selfs die bye moet pollen-ys lek.” Fluit-fluit, my storie’s klaar. Eerste! […]
KATEGORIE: Moontlikheidsvorms – 2: ‘n Appel en ‘n Ei
‘n Appel en ‘n Ei As ons ‘n appel sou wou hê, sou ons ‘n boom moet plant. (Of moes mos geplant het.) Sou ons ‘n eier wou hê, moes ons hen dit dog lê. — Had ons ‘n hen, wil dit sê! — Had ons die boompie geplant en die hoender gekoop, — en […]
Bosveldhuisie
Ek weet van ʼn plek, waar impala-lelies in die veld opkom en kosmosse kleurvol in die wintergras blom. Waar die kameeldoring vroegdag die eerste sonstrale vang, en die maan tot laatnag op ons voorstoep rondhang. Ek ken ń plek, waar die jakkelse snags vir die stilte blaf ‘wyl die winterbries salig deur die veldgras draf. […]
Sing jy van blomme
Nou dat sy gaan na die stil ongebraakbaarheid van yl vergetelheid– lywig van buite; (met bitter min wat binne agterbly) nou wil hy die afstande verwens waarin hy haar metamorfies gekelk het na sy somber sin; net om sy hande in haar onskuld te was haar waters van rus troebel te laat bloei met jou […]
Verstrengelde afhanklikheid
Vannag vind ek myself weer in jou arms Geborge in jou veilige hawe van vrede en rus Soos dit nog altyd moes wees Wanneer ek net weereens, nederig besef Ek is nie altyd sterk en onaantasbaar Soos die lewe dit wil hê En het jou altyd nodig Om my volledig mens te maak My aan […]
Ongesproke Gedagtes
Vandag, toe vra jy my Wat dink jy as jy so vêr ry? En die antwoord was maklik Aan jou (Eintlik altyd aan jou) Wat moeiliker is Om te verwoord Is waaroor ek dink As ek aan jou dink (Dis hier waar die moeilikheid kom) Jou glimlag…. Mona Lisa vervaag By my gedagtes Aan jou […]
Herfshart
Onthou jy die eerste keer wat ek besef het my laaste woorde vir jóú het opgedroog; jou laaste glimlag het ook na stof gekeer toe die eerste haan drie maal kraai. Onthou jy hoe herfs haweloos gehuiwer het; voor hy sy verkleurde vingers om jou hals kom hang het — winter was bleek (soos was) […]