Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Geluk"(Bladsy 86)

Woorde soos dié het my omtower êrens in ‘n ewigheid verban na die waters van Bethesda waar letters soos engelvlerke om my flap; my tydloos horison oor ‘n ewenaar van enigmas. Selfs in die nanag dwaal my gedagtes om die smal poorte van woorde om halfrym en volrym tot verse te vorm. Woorde soos dié […]

DONNERWETTER: Winterresep ∞ By ons gaan die winter eindelik-eindelik eindetoe (dis al Mei, byna somersonwendetyd!) en by julle kruip hy so slu en agterbaks vorentoe. Om die koue te oorwin, het ek nou-die-winter ‘n wondersame teenmiddel ontdek: ∞ „Die definisie van ‘n grog, Meneer? Agge nee. Watter een van julle kan die meneer dit verklaar?” […]

waar ons liefde [’n] naelstring groei fetus ek getralie in jou ribbes lê ek vasgegroei in jou hemel geanker in jou siel hoor jy die knetter in my vuur sien jy die bosbrand in my woed daar waar my asem in karmosyn oor my lippe gloed smeulend kool die liefdesvuur in hierdie een-word-uur as winterys […]

gevlerkte teks stoei in my breek deur grendels en drup genadig na benede skrýf leë papier tot sand waar woorde lomp val in smart en ook oopbeklag openbaar my binnekant wat om erkenning veg kwesbaar lê ek met modderhande betas deur roetes van my binnetrane tree jy deur my woestynland uit vier windstreke sweef tirades […]

Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]

Jy draai tyd om jou vingers – s-t-a-a-r na die blinkkant van my spore; in jou oseaan oë is ek vir ewig verlore s-a-g-g-i-e-s streel jou vingerpunte oor my hart jy fluister my winde wakker en staar weer na die naak-kant van my siel my hand styf in joune gee ek oor terwyl jou fluweel […]

Die stilte betower my siel, versag my hart en verbrysel my smart. Dit ontferm my en beskerm my, Dit ontwaak die skrywer binne my. Soos ‘n koppie koffie soggens die son vergesel, So vergesel die stilte my. My gedagtes vergader om kerslig en bespreek my lewe, my hartseer en verlede. Stadig maar seker in die […]

deur
vir Gedigte
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed