Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]
Jy prikkel my sintuie
ek proe jou naam in die wasem van purperwinde wat soos engelvlerke oor duinesand vloed in die soet reuk van wilde jasmyn en blou vergeet-my-nietjies maak ek gerwe doudrup-onthou met kringe van ‘n fluweel son vas ‘n kyk gevul met heide-drome wat laatmiddag deur oker-wolke huppel om so die horisonbeker in my irisse oorvol te […]
Ek wil deur jou storm breek
ek wil my woorde soos ‘n vlamrooi klimop teen jou latwerk laat rank jou siel met Picasso-woorde op die sagte moeseliendoeke van jou oog se kyk verf deur die vloed van jou drif wil ek oor branders loop en D A N deur jou storm breek waar ek in jou wese (asemloos en stil) anker […]
Jy ‘s my Papawer-son
waar my beeld ‘n tango dans in die loom dagbreek van jou oë wil ek wit aronskelke kweek sodat ek die eggo van jou stem tussen die ragfyn blare in wit kan raam, sodat jou asem my telkens weer soos ‘n somersbries kan omhels as my naam deur die branders van jou warm lippe breek […]
Woordeloos
Waar ons vanaand hier op die klam sand sit in woordelose verbasing staar na die maan wat die swart see met goue glimmers verlig Luister ons in stilte hoe die wind haar naglied oor en oor sing wyl ons toekyk hoe die see kieskeurig uitspoeg en weer vat wat sy wil. Soos branders ritmies heen […]
Jou wese
jy baadjie my met jou kalmte daar waar soveel onnodige vrese sekel aan die koepelruim met jou warm kyk strooi jy bosse geel magrietjies vol in blom en jou asem, jou asem laat my stom op gure reëndae knars jou hitte vir my die soutsee in die geurigste, lieflikste patee soos die anker van my […]
Stofberg – ń Lappie dorre aarde
Mamma was slegs vyftien die jongste skaars twee tussenin nóg sewe wat ouma kos moes gee. Oupa het haar nagelaat met nege monde om te voer op ń plaas wat smag na water moes sy alleen op boer. Soos die watervlak gedaal het het armoede gestyg met ń tweeskaar ploeg het sy deur wintersknou en somer […]
Vakansie-liefde
elke dag saam met jou is soos vakansie hou op ‘n spierwit verlate strand net ek en jy hand aan hand wat soos kinders met ons tone in die sand kastele bou teen die hemelblou net daar vir mekaar kan wees vry soos die meeue wat branders aandurf sonder vrees jy is die koel seebries […]
Liefde
my lief ek gee my hart aan jou jy gee jou hart aan my jy slyp my skerp punte rond ek brei jou tot sagte klei jy deel my diepste geheime jy bêre dit in jou hart jy deel my diepste vreugdes ek jou diepste smart jy is vir my die spieël wat my wys […]
Eerste liefde
soos ‘n fyn broos rein wit skugter roos het ons liefde weergaloos skaam-bang ontwaak maagdelike botsels teer versorg deur ons bewaar gekoester beskerm teen gevaar kon tot volle wasdom kom ons liefdesroos oopkelk en blom