Lig in my Lewe
Dis hier diep binne my waar geen een van weet skyn iemand wat my ken beter as enige een daar buite Soggens vroeg leef dankbaarheid in my hart, aan nog ‘n dag gegun deur dagtake stil bewus van Ú nabyheid so teer en vol liefde Saans met blydskap gevul begin my liggaam oorgee aan rus, […]
Meisiekinders van my Hart
Blou oog, bruin oog glimlag vier ogies vir my, in die fleur van jul lewe, staar jul deur my laptop na my, en verrassend lief ek julle keer op keer. ‘n Moederhart sing van plesier, want gebede het waar geword. Eens in verhoudings verstrengel, raak gebede die toppunt van my lewe. Blou oog pragtig, verras […]
Liefde
Liefde nimmer eindig die woord liefde op elkeen se tong Maar o, wee hou dit regtig want soveel seer kry ons by baie Liefde in soveel maniere liefde op ‘n skinkbord en soveel griewe Bedink ek en wonder ek soveel keer die mening met liefhe in vrede Liefde in ‘n glimlag en oê liefde in […]
My gantang
My reis het in jou lyf begin daar waar die tortelwoorde van jou sagkyk en trekke van jou mond omgang plant in sagte aalmoes-grond. Minnegedigte sonder tal word in jou bloed ontgin want jy’s my einde en ook weer my nuwe begin; my mallemeule wat rondomtalie spin. Jý ja jy’s die gantang van my binnekant […]
My pruttel woorde
Pruttel liefhê-letters dryfhout uit my hart nes ‘n hemelse lullaby; dit versamel nektar deur skrefiewimpers, want in jou beelt’nis het ek my vrede gevind. In die warm klanke van jou hartstaal gekaart soos druppende note uit ‘n basviool, wat die melkweg roekeloos nét vir my inkatrol. Ek verdwaal in die lagkreukels om jou oë, ek […]
Verby die berge blou (slegs vir kleine kinders)
Êrens op ‘n ander plek, verby die berge blou – daar waar dit maar selde reën, maar darem tóg so dan en nou – woon ‘n kleine, kleine meisiekind, (haar hele lyfie, koperbruin). En elke oggend, laterig – sodra die hete son verskyn – sit sy voor haar huisie in die skadu van ‘n klip […]
Ligkaatser
Jou skadu is die vagevuur wat binne my gloei die refleksie van my denke word om jou gebou; J Y die ligkaatser van my diepste wese waar ek my werklikheid in jou oë druppel vir druppel in minnewoorde sien blom. © Anzé Bezuidenhout
My labirint
Spartel my ontroeringe soos ‘n fynbosverlange wat deur my labirint tot ‘n voltooide sirkel waarin ek ongeveinste liefde vind. Verwonderheid wat uit blomverdorde-kokon tot skoenlapperskoonheid bloei in lewegewende nektar van die liefdeson. Fladderende emosies wat ewigdeur eb en vloed in jou oë se vurige gloed kom kolk soos lawavure deur my bloed. © Anzé Bezuidenhout
GEKRAAKTE HARTE
Die krake in jou lewenspad, verteenwoordig meeste van die tyd ook die krake in jou hart. Ons almal gaan daar deur, ons almal moet maar daai harde lesse leer, van pyn, hartseer, lyding en smart. Maar jy moet opstaan, jy moet aangaan, hê geloof want jy gaan baie daarvoor kort, en onthou, elke wolk het […]
Saphira en die Getoorde Skêre
Saphira loop deur die woelige kasteelmuur. Die grond is goed platgetrap en geen gras kan meer daar gesien word nie. Net die klippaadjie wat van die kasteel na die biblioteek lei breek die bruin eentonigheid. Houtstalle is opgerig vir die perde wat saam met die krygers ingetrek het. Saphira kan die soet strooi ruik. Net […]