DROMER
Stadig stap jy deur die lewe, droom van groot, droom van klein, maar soms droom jy daarvan vir die wêreld se pyn en lyding om te verdwyn, en dat mense mekaar meer sal vergewe. Droom jy weer jy staan op die verhoog, en sing jou hart uit, elke woordjie uit jou mond, wat soveel vir […]
Ink-lint
Jy stort water in en oor my stof-krip Jy red my uit ‘n diep woestyn-droë put Dik en bitter stilte, alleenwees, spelonk, yl woorde Metamorfose Sag, vrolik, stemme, gesange, lag en leef Dans, speel… ingevlegde siele wat sweef Jou liefdes-asem… Tikmasjien sleutels klik klak Slaan nuwe liefdes woorde diep in my hart My lippe dwaal […]
Die gedig is vir ouma
Die gediggie is vir ouma ek het ‘n nuwe ouma gekry en ek moet sê – ek is vrek lief vir haar elke keer as ek haar sien ontmoet ons vir die eerste keer alweer Die gediggie is vir ouma Al is ouma nou anders Onthou ek wie ouma was En weet ek dat ouma […]
Sussies
Eens was daar drie sussies en onthou ek uit vergange se dae n kiekie iewers so soortgelyk aan hierdie foto erens in n album Spits ek my oe op die foto en word verlange so groot aan eens onder n moerbeiboom saam pop, pop gespeel Soggens vroeg het ons saam die ganse en hoenders gaan […]
Saphira en die Toevallige Liefde
Dis ‘n pragtige herfs oggend. Die heide is oortrek met huidestruike wat vol in blom is. Selfs wit en pienk blomme kan tussen die oorweldigende pers gesien word. Dis Saphira se gunsteling deel van die jaar in die berglande. Alles ruik na huideblomme soos dit gebruik word om alledaagse dinge soos besems te maak en […]
Jy ken my pers
Jy koester my in teder sillabes van jou stil-verstaan kom plant vir my blomme in ‘n vergulde Lunabaan – wys só dat jy my psige kan vertaal. (Gemeet op ‘n skaal van een tot tien het jy tóg my binnekant verskuild gesien) Dan as moegheid soos ‘n ou-ooi gaan lê kronkel jy my toe in […]
Blameer die Lente
Ma, ek was nie dronk nie. Die lente was in die lug. Die wind was in my hare, die see en die sand en die sout. Die son was teen my rug en ek onthou (na soveel jare) dat ek wou dans . . . * Ma, daar was ‘n tafel in jou huis in […]
Lente kom op 4 September
Een oggend word jy wakker in ‘n dorp soos Brackenfell en September’s in jou are, jy voel dit tintel teen jou vel. In die donker staan jou doringboom en skilferbas* geel ryspapier. Die eerste voël sing lankal reeds, skamele minute net na vier. Buite flikkerskitter sterre, laat hul lig op golwe dans en salig […]
Kronkeltjie pad, verdwyn!!
Kronkeltjie kronkeltjie, kronkeltjie pad, vir jou is ek nou net mooi siek en sat. Dit is tyd dat jy uit my lewe verdwyn, ek wil nie alewig op ‘n hopie sit en wegkwyn, so vat jou lastem vat jou goed en voerstek!! Daar is nie plek in my lewe vir leed, ek wil net van […]