Op soek na die lente
Op die pad tussen Tulbagh en Joostenberg deur Wellington en by Agter-Paarl verby – in ‘n stokou bakkie sonder canopy – dáár het ek die lente gekry. * Sy’t oral langs die pad in velde vol van groen gegras en in lappe, lappe koring aan die berge se voete gelê. In die geel van […]
Ek kom haal jou in Augustus
Ek kom haal jou in Augustus By Postberg, aan die Weskus digby Langebaan – dis waar madeliefies weer vanjaar so geil oor vlak en rante staan. En teen die duin’ – daar waar hul strandlangs hou – blom vaalblaar salies roes en blou langs die oranje, wit en geel geweef waaroor meeue op die winde […]
Nimmereindigend
Die horlosie stap aan. Tik-tak. Ons weet ons het nog net ‘n paar kosbare dae saam voordat ons finaal moet afskeid neem. Tog kyk ek skaam weg wanneer ons oë te lank ontmoet. Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit met jou nie. Ek praat […]
Pappa is my fluister in die Wind…
Pa het die ewige lewe ingegaan en my met die pragtigste herrineringe gelos. Ja ek sal nie stry nie, soms is ek hartseer dan mis ek vir pappa, wanneer die lewe erg druk, mis ek hoe pappa my altyd kon dra. Vandag onthou ek pa se glimlag, en pappa is nou ‘n fluister in die […]
Wonderlike Ware Liefde
Dit is wonderlik die liefde van ons, ja dis nie aldag maklik nie, maar dis ‘n wonderlike pad om te stap, daai iemand in jou lewe te hê, wat jou hart oor en oor weer opnuut laat gons, dis ware liefde, sonder om nog ander stories by te sê. Ja soms voel dit vir ons […]
My hart, in jou hande, vir altyd!
Ek plaas daagliks my hart in jou hande, dra hom saam met jou waarheen jy okal gaan, pas hom mooi op, want hy is broos, hou styf aan my liefde vir jou vas wat nooit sal vergaan. Ja, die verlange maak baie seer, maar jy maak my elke oggend weer wil probeer. Ek het jou […]
Ons harte altyd bymekaar..
Sien ek weer jou glimlag, wanneer die son in die oggend opkom. As hy vir my loer, daar doer anderkant die horison, sien ek ook jou oogknik, mooier as die heel mooiste blom. Mis ek jou soos die sekondes van elke dag verby gaan, al het ek aanbeweeg met liefde so na aan my hart. […]
Wees wie jy is….
Jy is uniek gemaak, elke liewe eienskap van jou verskil van iemand anders sin, net jy weet wanneer om die einde aan iets te sit, net jy weet wanneer om te begin. Moet vir niemand op die aarde verander, want selfs jou hartjie is uniek gemaak. Elke liewe haartjie op jou lyf verskil van iemand […]
Ons Verlangende Harte…
Wanneer verlange met sy hande my hart omvou, dink ek aan elke goeie kosbare oomblik saam met jou. Dan voel ek so nader – tog so nader aan jou hart! Voel ek hoe elke goeie herrinering binne my vergader, bly die pad na jou toe, die enigste een wat ek oor en oor sal vat. […]
Paradoks
Vir ‘n oomblik kon ek my hart buite my hoor klop Vir ‘n oomblik was my hart weer op ‘n plek waar net ‘n kind sin kan wees Vir ‘n oomblik het ek buite my mure rond gedwaal Vir ‘n oomblik het ‘n vreemdeling bekend gevoel n oomblik was genoeg om alles te verander Vir […]