Jongste aktiwiteit:

DROMER

Stadig stap jy deur die lewe,
droom van groot,
droom van klein,
maar soms droom jy daarvan vir die
wêreld se pyn en lyding om te verdwyn,
en dat mense mekaar meer sal vergewe.

Droom jy weer jy staan op die verhoog,
en sing jou hart uit,
elke woordjie uit jou mond,
wat soveel vir jou en ander beteken,
elke storie wat jy sing, perfek afgerond!

Vind jy liefde en dink so baie van haar,
probeer jy alles in jou vermoë om die seer te vermy.
Weet jy, sy is die regte een vir jou,
in haar, dit is waar jy jou grootste droom kry,
sal jy haar vir altyd in jou lewe wil hou,
en nie weer onnodig seer uitgee,
en trane van twyfel afvee.

Wanneer jy al jou drome bereik,
weet jy wat jy dan sal doen,
so lekker soos daai eerste oggend soen,
want sy is nou jou vrou,
jy’t jou grootste droom in haar gekry,
sorg jy ook dat die wêreld altyd sal weet,
‘n afrikaanse dromer, sal jy bly!

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha Alle Regte Voorbehou




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed