Wilgerboom
Wilgerboom ( Plant ‘n boom in jou jonkheid dat jy
In die ouderdom onder sy skaduwee kan sit)
Ek is ‘n wilgerboom,
ook ‘n treurwilger genoem bloot
omdat my takke so slierterig hang
maar waarom sou ek treur?
Ek is gelukkig langs die stroompie
en is daar ‘n rukkie droogte les
ek my dors diep ondergronds—
Ek is ook nooit alleen nie want
baie kom sit en gesels in my
skaduwee op die ou bankie en
ek hoor alles wat hulle gesels maar
ek hou veral baie van die verliefes se
troetelnaampies, drukkies en soentjies—
Hier word baie geskinder ook sommer
van vriend en vyand, lelik en kwaadwillig—
Vinknessies hang veilig aan slap takke al
wiegende oor die water in ‘n sagte briesie—
My ouderdom en jaarringe bly ‘n geheim
selfs ek weet dit nie, maar word elke jaar
vernuwe en bly altyd jonk en jeugdig—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.