hoekom
droëbek sit hy op sy duin selfs golwe erg hom nie meer meeue sweef oor sy grys geboë hoof fisante skrop naby hom onder fynbosse waar sy siel sweef is daar nie plek vir hier ver bo aardse gewelf, stryd en onbenulligheid dan opeens, keer hy terug na die rook en bloed skares barbare wat […]
die soort vrou wat sy gedink het sy moes wees (opdrag 6)
met die warm son op haar rug en die soet geur van begonias in die lug hoor sy hoe die Groot Depressie weer haar naam roep 1930 brand in haar keel en in haar bors onderdrukking pols deur haar are vreugde is nou volksvreemd magtelose moedeloosheid klou vas aan alles innerlik en uiterlik haar drome […]
Boustyle en tye verander, maar mense bly maar mense (opdrag 6)
Vervloë grepe wat teen mure hang (deur kunstig’ hande vasgevang) sal vir eeue steeds sy boodskap dra – daar’s veel minder antwoorde as vrae. * As ruite bloot na dieper donker lei by vensterraam en kantpatroon verby as broosblaar plante purper bloei naas skerptonglowwe wat op stoepe groei as die hart nie in die huis […]
troje
ons volk mense staan vir hul volk soms meer as vir hul God boere geskiedenis leer baie twee vryheidsoorloë met volk ingeslote joiners verraaiers vaste eenheid van boervolk verraai vanuit hul eie laer geskiedenis herhaal self sodra eenheid kom is daar trojaanse perde vooropgestelde definisies waarvolgens geheime volkslede deel word aan ‘n nuwe bestel een […]
IL DIVINO (Opdrag 6)
IL DIVINO Meester meesterstuk ontmoetingspunt God en mens renaissance Skepper en skepsel Gees en siel hoogtepunt ligpunt dood word lewendig eindpunt word beginpunt verdwynpunt word fokuspunt cul-de-sac word bevrydingspunt verlossingspunt genadepunt genade punt . © Barbara Smit 13/08/2018
Mite van ‘n vrou (OPDRAG 6)
Uit die skuim van die see ontkiem ‘n vrou marmer naak op ‘n skulp kom sy tevore aangeblaas deur Zephyrus en Chloris stralend om liefde en verleiding te bring Panona wagtend met ‘n lente kleed vir die godin skoonheid haar vangnet vir die wat haar bemin tydelike plesier sal sy ontgin met beskeidenheid aan beweeg […]
Spieëlbeeld (OPDRAG 6)
Roem verwerf uit ‘n meesterhand deur kunstige skilderwerk beeldend teen koepelrondings van mites oor die ontstaan van die eersgenoemde man vir dekades staar geslagte stom bewonderenswaardig na verspieëlde beeld waar ‘n wyse Skepper sy maaksel deur slegs enkel aanraking bevonk tot aardse lewe maar hier diep in my wese kriewel dié wete en waarheid dat […]
Rook en Kersiebloeisels
Die swaard val uit haar hand uit. Dit is verby. Yuki kan nie glo dat sy gefaal het nie. Die katana glim in die dowwe lig van dagbreek. Haar opponent se donker oë bly emosieloos. Sy kan nie glo dat hierdie vreemdeling die geheime van die swaard beter ken as sy nie. Sy was die […]