Verlore Generasie
‘n Vergete generasie, dwaal doelloos in die nagte. Ons doen wat ons moet om op te staan sonder steun of klagte. Ons oorlewe tussen haat, selfsug, geldguurigheid en minagting. Ons dra die ankers om ons nekke met geen hoop van versagting. Geen helpende hand word uitgesteek, geen steun vir jong pilare. So sterf ons kinders […]
konsentrasiekamp
vader, hoor daar duiwel se geluide slepende kettings wat snags my hart verstil moeder hoor daar dood se voetstappe marsjeer heen en weer my maag stap saam boetie hoor jy die wind wat waai deur tentflappe trek tog die kombers op my nekkie vries en pyn sussie voel jy nog seer gaan vir mammie roep […]
Vyf klein klippies
Vyf klein klippies Vyf klein klippies het van die klipkrans afgebreek geval en gerol tot hulle in die droë lopie vassteek word deur wind en weer stelselmatig verweer terwyl reënwater hulle seisoenaal blink poleer. Vyf klein klippies was vir eeue in die rivierbed rondgespoel weggeslyt, verweer en gevorm vir een spesifieke doel eendag kom ʼn […]
VERGANKLIK – Opdrag 3
Stiltes breek verledes en sonder aansien val gedagtes, gedaantes en gebeentes daarom het sy dit malkik gedeel toe alles nog toe was, verkluis in ‘n môre wat dalk nooit sou kom met mense sonder grense en halfvol spense wat klaar gepraat het sy kon net sowel langer gewag het, maar dan kom traag ‘n dag […]
soeke na vrede (Opdrag 3)
lig splint deur in donker Afrika se duister ‘n saad ontwaak in klip gekluister met reën wat druppel om hom heen word die saad deur God geseën met sy naelstring aan bloedbevlekte grond verbind het die vreemdeling ‘n eie moederskoot gevind met blare deur die son geskroei woedende winde wat om hom loei buig die […]
PAPIEREENDE
PAPIEREENDE „Papiereende” noem ons dinge wat kort in die dagblaaie lawaaimaak en dan in die niet verdwyn, asof niks gebeur het nie; dis vergelykbaar met die „storm in die rooiboskoppie” wat na bewering taamlik dikwels by damessirkeltjies sou plaasvind. Niks teen die dames nie, wel iets teen die koerante, wat kunsmatig probeer om die aandag […]
Moedertaal
Gestroop tot saad: só omgord ek jou. in weefsel en bloed aan my toevertrou – geykte denke, woord word taal, diachronies ‘n unieke verhaal. Op die wieke van die wind: só herhaal ek jou. uitgepluis, bedink – ontkiem jy vrylik deur my lippe, op papier ink © Alkallie Viljoen 13/6/2018
MENSEREGTE
Mense het geen regte nie! Daar is geen natuurlike regte wat vir mense geldig is nie. Hoe kom mens (ek, jy) daartoe om te meen dat soiets kan wees? Of beter: Hoe het die begrip tot stand gekom? Waar lê sy wortels? Ons gaan daarvan uit, „menseregte” beteken dat enkelinge ongesteurd só kan lewe dat […]
Roet en Bloed
Met Jeugmaand vieringe gedurende Junie in gedagtenis, plaas ek met liefde die volgende gedig ter herinnering aan aan die 22 074 kinders en meer as 3000 vrouens wat hul lewens opgeoffer het in konsentrasiekampe tydens die Anglo Boereoorlog gedurende 1899 – 1901. Ons Jeug is ons toekoms. Roet en Bloed My geliefde land in rook […]