Resensie: HANNAH ARENDT, die film
Resensie: HANNAH ARENDT, die film Een van die belangrkste vrouens van die afgelope tyd, Hannah Arendt, („die betekenisvolste verteenwoordigerin van die politiese teorie van die twintigste eeu” B. Helbig) is in 1906 in Hannover gebore. Sy het in Marburg by Prof. Martin Heidegger studeer en hy het haar „geleer om te dink”, soos sy self […]
Resensie: PAULA, die film
Resensie: PAULA, die film Die lewensverhaal van een van die betekenisvolste skilderaars van die ekspressionisme — Paula Modersohn-Becker (*1876 Dresden, †1907 Worpswede). Sommiges sê, dis ‘n „biopic”, andere weer dat dit „aangeleen” is aan die ware biografie. Die regissieur self het gemeen, dis nie soseer ‘n biografie nie, maar hy vertel die storie van ‘n […]
Kolmanskop
Jou dorp lê in puin jou stem van gister weg gekwyn gedaantes sweef oor jou Maanlandskap los vir jou diamantskimme ‘n verweerde nalatingskap hoor jy die seewind vanaf Lüderitz hy bring vir jou gesifte sand jy word ingeloop verskeur deur die woestyn se hand jou rykdom goedkoop verpand nou brand dit koud in jou kaggelvuur […]
~ Voetseen trek in die ou dae ~
Pa stop sy pyp en tuur oor die see. ‘n Lag speel in sy baard toe hy begin vertel… ‘n Voetseen was ‘n lang visnet met kurk aan die bokant en lood aan die onderkant en ‘n lang tou aan die voorkant. In die middel is ‘n bak/kom ingeweef as deel van die net – […]
~ Dal Josafat ~
‘n grotesk gepleisterde muur grens tussen gebreide boorde en krultoon krommings van ‘n lila berg – ‘n nimmereindigend stryd wat inspanning verg (sou ek reken) my taal fladder soos laatherfs deur kaal gestroopte eike, versteende lawa blinker oor die vallei – ewig roerend die alfabet binne my (so voorspelbaar) nikotien deurdrenk leun ek deur Afrikana […]
Resensie: VYF-EN-VEERTIG MINUTE NA RAMALLAH, die film
VYF-EN-VEERTIG MINUTE na RAMALLAH, die film Rafik en Jamal se vader is die tipiese opvlieënde patriarg van ‘n palestynse familie in Oos-Jerusalem. En hy sterf na ‘n woedeaanval tydens ‘n stryery – tydens die huwelik van sy jongste seun soos die ongeluk dit wil hê. Sy wens was altyd om in sy tuisdorp Ramallah in […]
Resensie: HANNA SE REIS, die film
HANNA SE REIS, die film Nog ‘n film oor Israel – hierdie keer oor Duitsers in Israel. Nie net dat dit gedeeltelik in Tel Aviv gedraai is nie, maar ook ondersteuning van ‘n israelse filmowerheid gekry het. (In die dankeslys aan die einde van baie europese films kom die name van mense en organisasies wat […]
RESENSIE; JIMMY se SAAL, die film
Hier word op entoesiastiese manier die ware lewensdrama van James Gralton (1886 – 1945) vertel, die enigste gebore Ier wat ooit uit sy tuisland gedeporteer is. Die 23-jarige Jimmy Gralton het, ná stryery met die kerk en die grondbarone na die VSA geëmigreer. Toe keer hy na sy pa se dood uit amerikaanse „eksiel” terug, […]
POPPIEDAG
Sondag 13 November is dit weer poppiedag. Dit is die dag wat wêreldwyd gehou word ter herdenking van die gesneuwelde soldate in die eerste en tweede wêreldoorlog asook die oorloë daarna waaraan die betrokke lande deel geneem het. In Suid-Afrika word sy gesneuweldes in hierde twee wêreld oorloë, die Koreaanse oorlog asook die bosoorlog gedenk. […]
Ons land brand
Die vlerke flap fladder-fladder, terwyl spiere oor vlerkspan in harmonie saamwerk, om so, deur die lug te trek. Die lug stroom, asof in droom om vaart belynde vorm en ‘n mossie swiep vinnig verby om seerkry te vermy, maar in jou kyk is waar die aarde in veelkleur resoneer wagtend met asem…opgehou vir die oomblik […]