Jongste aktiwiteit:

Resensie: PAULA, die film

Resensie: PAULA, die film

Die lewensverhaal van een van die betekenisvolste skilderaars van die ekspressionisme — Paula Modersohn-Becker (*1876 Dresden, †1907 Worpswede). Sommiges sê, dis ‘n „biopic”, andere weer dat dit „aangeleen” is aan die ware biografie. Die regissieur self het gemeen, dis nie soseer ‘n biografie nie, maar hy vertel die storie van ‘n moedige jong vrou om die begin van die twintigste eeu en haar stryd om as vrou, as kunstenaar, as volwaardige mens in die geselskap aanerkenning te verlang.

[Paula; 2016; regie Christian Schwochow, met Carla Juri (Paula), Albrecht Adam Schuch (Otto Modersohn), Roxane Duran (Clara Rilke-Westhoff), Joel Basman (Rainer Maria Rilke), Nicki von Tempelhoff (Fritz Mackenden), Jonas Friedrich Leonhardi (Heinrich Vogeler); draaiboek Stefan Kolditz en Stephan Suschke; De/Fr.]

Alreeds as kind word Paula Becker deur kuns en kultuur omspoel – vir eers in die vorm van musiek — en sy besluit dat sy gaan skilder. As tiener gaan sy na Engeland, waarskynlik as au-pair-meisie, waar sy leer om huis te hou. Daar kry sy ook onderrig in Engels en kuns. Na ‘n halwe jaar is haar verlange te groot en sy kom terug na Bremen. Sy weier om onderwyseres te word want haar liefde vir die beeldkuns laat soiets nie toe nie.

As vrou word sy nie aan die Kunstakademie toegelaat nie, dog sy besoek tekenkurse in Berlyn. In die „kunstlerkolonie” op die dorpie Worpswede naby Bremen mag sy by Fritz Mackenden aan die kursus vir vrouens deelneem: „. . .presiese penseelvoering, so eksakt moontlik, so fotografies moontlik. . .” Maar Fräulein Becker het iets heeltemal anders voor. Sy begin reeds sonder voorbeeld sonder aanleiding, sonder mentor ekspressionisties te skilder. Hier in Worpswede leer sy Otto Modersohn ken. Reeds by hul eerste ontmoeting, speur hulle ‘n besondere verbinding. Uit die gemeensame hartstog vir die skilderkuns ontwikkel die groot liefde en hulle trou in 1901. Hulle lewe as getroudes is ver van die normale model van hulle tyd. „’n Verhouding in sat kleure met ryk konture en met spore van stryd” het iemand dit genoem. Haar beste vriendin Clara trou met die digter Rainer Maria Rilke.

Dis die verhaal van die fascinerende lewe van ‘n hoogbegaafde kunstenares en radikaal moderne vrou aan die begin van die twintigste eeu, hoe sy moet baklei vir die kleinste gunsies wat vir mans vanselfsprekend is. „Teen alle weerstand lééf sy haar visie van die selfverwesenliking van ‘n kunstenaar en haar romantiese voorstelling van huwelik en liefde.” — Slim woorde wat ek êrens gelees het. Die film dek die laaste sewe jare van haar lewe – haar tyd in Worpswede met haar besoeke na Parys, inkluis die bevestiging dat sy die regte rigting ingeslaan het wanneer sy byvoorbeeld werke van Cezanne mag sien.

Paula Modersohn-Becker sterf met 31 jare in 1907 na die moeilike geboort van haar enigste kind, Mathilde (Tille). Sy „het altyd geweet” dat sy nie lank gaan lewe nie, en het gewens dat sy „drie goeie prente en ‘n kind” kan voortbring vóór sy sterf. Sy het om die sewe-honderd-en-vyftig skilderye en oor ‘n duisend tekeninge nagelaat. Sketse en prente wat die europese skilderkuns van die twintigste eeu radikaal beïnvloed het.

art, ‘n Kunstydskrif het haar werk soos volg opgesom: „Sy het haar skilderkuns tot op die wesentlike gereduseer en sodoende die naturalisme oorwin. Paula Modersohn-Becker was so internasionaal en modern soos geen ander duitse vrou wat om 1900 geskilder het nie.”

Oor al haar ander eienskappe het Paula Modersohn-Becker ‘n „vlotte mondwerk” gehad. Sommiges van die dinge wat sy gesê het, het ingang in die duitse taal gevind:

° Daar was altyd grense – sedelike en sosiale bv. besonders wat die vrouens aangaan – wat be- of inperkend werk. Paula het van „verhoudings wat jou lug wegneem” gepraat.

° Dat iemand iets wil hê, beteken dat hy daarop moet konsentreer om doelbewus dít te kry waarna hy streef. Dít noem sy „die oerenigste saak” of doel, die pad waarlangs iets kan word – en word.

° Om aan iets om te dokter. „Daai omdokter het geen doel nie. Mens moet reguit en eenvoudig jou pad loop. Ek meen ek is goed van natuur, en sou ek af en toe iets slegs doen, so is dit ook natuurlik.”

° Die lewe as ‘n lekker fees: „Ek weet dat ek nie baie lank gaan lewe nie. Maar is dit treurig? Is ‘n fees mooier omdat dit langer is?”

Vier sterre weens die baie inligting wat so speels oorgedra word.

©23e.Januarie2017…◄]:o(…|☼☼☼☼|…(o;Þ………………………….tje




2 Kommentare

  • Toom

    Hieraan wil ek nog 'n paar stukke aanheg: Oor beduidingsvolle vroue. Nie net resensies nie. . . Ons kyk wat ek kan opgrawe -- uit 'n vorige lewe miskien. GvT

    • Toom

      . . . Toe verskyn die resensies oor Hanna Arendt, politiese terorie / filosofie van die 20e. eeu, en oor Clärenore Stinnes die eerste vruou wat die aarde in 'n motor omrond het, en die stukkie oor die Dame Shonagon, 'n meisie wat 'n hele volk se letterkunde beïnvloed het. GvT

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed