Plakkersvryheid
Getuienis : Gedig Plakkersvryheid geskryf en kortverhaal 7390 woorde GEKOOPTE GELUK met albei visie van wit plakkerskamp te Klerksdorp omgewing. Na skryf hoor ek daar is so kamp. Wou nooit gaan kyk. Word vanoggend uitgenooi om vir Oases of givers te gaan help met poppekas optrede sondag middag te Uitkoms wit plakkerskamp net buite Klersdorp. […]
Ek ken jou
Ek sien die seer wat deur jou oë praat agter daai glimlag diep weg gesteek. Ek hoor die pyn agter die grappies wat breek in jou stem as jy praat. Ek voel jou trane wat vloei oor jou hart waar niemand kan sien deur die venster van jou siel. Ek ruik die angs waarmee jy […]
Wondergedagtes
My hart se blikkonkas stook vure haar konkas staan steeds geroes sonder hitte iemand het dit by haar verkerf dat liefde netso kan sterf so hoe kan ek haar uitboul met al my liefde haar bene onder haar uitslaan. SILWER
finis (Silwer)
ons liefdesverhaal het ontaard in ‘n tranetrekker-tafereel ek het koorsagtig vorentoe en terug geblaai deur die tonele probeer red waar ek kon maar toe ek dit eindelik (moes) toemaak was die slot onvermydelik… FINIS Neologisme vir drama (tragedie) – tranetrekker-tafereel
Smeekbede (Silwer)
laat my losbreek . . . vry en hoog vlieg om my vlerke, vir jare reeds geknip tot wasdom te laat groei laat my nóú ontsnap . . . ongebonde glyvlieg om nuwe reisweë te ontdek die heelal se hemelstraat met vertroue te vind ek wil vergeet van aardse *treurspel van vrees en smart pyn […]
Erin
“Sinneloos, magtag, het jy in jou lewe iets meer sinneloos gesien,” en hy slaan die groot vuis op die tafel hier langs my sodat die koffie bo-oor die rand stort. Ek ken Bart Groene seker twintig jaar, nee ses-en-twintig jaar om presies te wees, en nooit het ek hom so ontsteld gesien nie. Hy draai […]
Diepte van ons Onthou
Die liefde vir die natuur en alles daarin Die verlang na die veld, voor die dag begin Die herroep van kuiers in die majestueuse berg Die warmte van die lag, die humor van die terg Die flikker van die sterre in die helder melkweg Die vind van die bakens, wanneer ons teen rigting verloor veg […]
Hoe diep die vreugde
Hoe Diep die Vreugde Die skok tref hom soos ʼn vuishou op die hart, ‘Rastor Battle, ʼn baie jong Rastor Battle’, flits dit deur hom, maar dit kan nie wees nie, dit weet hy. Hy sien dit asof in stadige aksie, die oopswaai van die luukse motordeur, die pragtige hakskoene met die perfekte enkels en […]
diep
– uitdrukkingloos staar hy oor die see sy hele wese daarin meegesleur slegs die wat hom ken sal verstaan wat onder die verweerde plooie aangaan eeue se meeue het dit skor ingeryg klanke wat woorde skeppend rig aan almal wat bestaan – verstaan wat seewaarts kyk om wysheid uit die aardse gloed van geil goedheid […]
Terug na die Begin
Terug na die Begin Sy kyk na die groot kop van die man wat gebukkend oor haar tekeninge staan, voor sy iets kan sê, word hy bewus van haar teenwoordigheid, kom orent, en draai om, en al wat deur sy gedagtes gaan, is, ‘Wat sal die ‘kind’, hier in die tekenkantoor soek,’ en sy sien […]