Sien Jou Weer
Sien Jou Weer Soveel handdrukke en lighartige totsiens sien jou weer, en nooit weer gesien— Soveel piksoene op die wang en lighartige totsiens sien jou weer, en nooit weer gesien— Vriende het gekom en gegaan waar is almal heen? Weggetrek, geëmigreer, oorlede of traak net nie maar jy geniet die tuisblyers en nuwe vriende wat […]
Die mantel in my rigting …
eers toe trane wat oor my wange stroom my hande koud-nat laat raak besef ek dat die soen op my wang seerder as ‘n klap in my gesig maak maar jou koue harde rug was onverbiddellik op my gedraai en die mantel het sonder ophou in my rigting gewapper-swaai
Dan dink sy terug aan hom
As ysbere tango-trippel oor kontoere van haar tenger lyf en winterswind weemoed deur haar hartmuur ranke gewaar sy die skroeivlam deur groen-oog aangevuur diep in sy binneste brand Wanneer souttraan biggel in haar seerkind se pupil vrae tolbos na haar toe rol sy stukkend stom starend luister na hoe sy koggellag deur demone geil gegerf […]
Mamma, ek mis jou
Onder jou hart, snoesig – knus met neurie ons tot ruste gesus weemoed-oë het liefde gestraal wanneer jy saans kers aansteek eerbiedig vertel – Jesus se verhaal Kreukelhande het drome omvou ons oop-hart geheime toevertrou as vriendin lewenslesse geleer sodat ons vandag opstaar na Daar waar dierbar’ Mamma by eng’le skaar So kan ons dan […]
MEDALJE VIR MA (OP MOEDERSDAG – ODE)
in ganse heelal is daar geen maar geen medalje groot en skitterend genoeg om ten volle waarde te toon of verleen vir jou opoffering, sweet en swoeg nagte alleen en verdrietig treur oor waar môre se voedsel en sorg vandaan kom en wat gaan gebeur – was dit nie vir ‘n belangrike borg! al nege […]
As weer my oog die fluister van jou lippe vang…
Toe my oog die fluistering van jou lippe vang klink ek is nogal lief vir jou na ek is bang… En toe weet ek -deur telkens oor en oor verloor!- die bloedhond van jou twyfel snuf reeds op my spoor. Seerverlange vliet sinds deur vensters van onthou van helder dieplêmaanskynnagte in die dou toe ek, […]
Die soektog
Jy is dood. My liggaam word ’n legkaart toe die persoon van die hospitaal my skakel. My hele wese skeur uitmekaar. My siel spat aan skerwe. Stukke lê versprei oor die aarde heen, lê verlate waar ons saam was. Maar nou is daar niemand om my op te tel nie. Niemand om na die stukke […]
Gister se kleure
Gister is die kleur van ’n ou foto. Die eerste teken van jou liefde is wit wolke aan die begin van lente. My liefde vir jou is ’n dieprooi roos. My geskenke en blomme aan jou is ’n pouveer se reënboog. Ons eerste soen is helder sonlig. Ontrouheid is die kleur van roet op glas. […]
~ Daardie nag (2) ~
goue paljas newel weer my sinne en ek dink wat nou, hoe nou gemaak om ‘n nag uit my hart te wis, want nouse nagte is dit altyd dag oral om my, dag hele dag en nagtyd dag maar hier binne, hier diep binne my bly dit nag, ‘n eindelose nag en al wat ek […]
Die Droomvanger
Die byna-vergete-skadusiel sluip in die aand deur die stad se strate. Hy beweeg tussen die flikkerende geel ligte wat in die strate brand om hom weg te hou. Hy talm in die donker ranke van middernag, in die kraak van vloerplanke en dakke wat afkoel ná ’n dag in die brandende son. Hy fluister in […]