Lente van ’19
Dit was daardie mooiste seisoen toe ek kaperbriewe in my eie posbus wou los geseël met judas-soene en Lot se geloof maar meer as dit, wou ek migreer Noordwaards na my milieu terug na woestynsand en stof droë rivierlope en ander dinge wat my en my herkoms kon herenig dit was daardie September toe ek […]
Die wind kind
Die wind kind Sy was die wind kind uit die kamer van die boom sonder aarsel sonder skroom draf sy weer werk toe hierdie keer vir oulaas weer met ‘n nuutgevonde hoop om kos vir haar kind te koop haastig om te help selfoon gereed om te laat weet in haar hand… maar aan die […]
Die Sirkel is Voltooi
Die Sirkel is Voltooi ek by Hom en Hy bý my lángs my – Hy leer my loop wankel-kleuter-treetjies Hy gaan die pad vooruit so veeg Sy Grootsheid oor my ek by Hom en Hy lángs my soos ek die bakens omloop tienertraantjies grootmensbaantjies vrou word – ma word – groot word – oud word […]
Appelboom
Onder die blou-pens-lug waar vlinders-vlug en sywurms-sug lag die wolke breed klets ‘n kraai-kardoes is dit ‘n goud-sliwer-ring? Binne die appel-bloeisel-blom sit ‘n by en brom oor die spinne-kop-gom tyd vermom en heuning die soet-tand-grond-roer Na volgende bladsy Sien die bladsy is vir jou Poppie jy is mooi skarlaken getooi Wys my jou appel-vy soos […]
WOLKE STORM
WOLKE STORM Ek kyk deur die venster platneus teen die ruit met my warm asem is dit toe gewasem donker swart wolke vlieg verby dit verdwyn soos ‘n speld voor my grom soos ‘n brillende leeu buite lê yskorrels soos spierwit sneeu die Hemel se helder flitse slaan orals net soos silwer blitse donderweer bring […]
BINNE-IN MENEER SE STUDEERKAMER
BINNE-IN MENEER SE STUDEERKAMER Ekke kan nog so vreeslikbaie goed onthou van daai eendag lank-lank gelede binne-in Meneer se eie persoonlike Studeerkamer…. Die heel eerstekeer van baaaaaie ander kere. Petrus en Dawid – Meneer se koningmaatjie; wat eers geweet het dat mens met jou voete kan bid – ‘Dance then wherever you may be;’ daai […]
Heilige Gees
In stilte se pad staar ek na bo, ek sien die vingers van Jou genade, die wolke ver uit stoot. Daar waar Jou aangesig vir die wêreld lê en staar, kan ek maar net glimlag oordat U my so bewaar. Die rooi en geel van Sy liefde straal, die son oor die horison, raak my […]
Verlossing
Verlossing Die aarde is my kern. Uit stof het ek gekom, tot stof sal ek terugkeer. Eendag, as ek my kan losskeur uit die vasknellende aardetentakels en mense-opinies wat my verstrengel, meesleur, af, die duister in. In die tussentyd beur ek slepend voort, terwyl versoekings daagliks versperrings voor my voete slinger. Ek worstel met die […]
Lied van die sondaars
(brons) “Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai is…” Die SS soldaat wat sy geweer uitgelood het op ‘n Jood, sy lip in nare krul, op sy skoen ‘n groot, rooi vlek. “Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai is…” Die Kongolese militant tronend op swaar stewels van haar, wurm, weggedraai, […]
KINTSUKUROI
Gebreekte kruik is sy uitgewerp, stukkend geval maar nog plek-plek skerp… As die Meester die stukkies sag optel en met goud verweef tot ‘n kleurespel en haar huistoe neem na ‘n plek berei waar die lig deur die goue krake skyn, ‘n baken wat elk moeë siel soos ‘n ligtoring weer na die troon toe […]