Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Hemel"(Bladsy 9)

My vleiloerie, op vergeelde roupapier is die geluidstrilling van my gegraaste gedigte hemeltergend en verlang na jou reikhals-liefde as vlokke wolke( deur ñ walsmeule lug) hulself vasgolf aan die geel son en reënkorrels plas na my welgevalle. ©Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte

die son het my gekoggel terwyl sy strale verblindend asof tussen glasskerwe kaats en elke slukkie windasem word gesteel onder ‘n Mopani wou ek gaan sit maar die wind het my vel geskroei onwillekeurig het my voete pad gevat opsoek na ‘n dowe plek sonder ‘n koggelroep dit was egter eers deur die donker skadu’s […]

Al die sterre is swartkolk – geblus in die donker – hul helder skyn ingeplof. Woensdag se volmaan dra ’n swartmanel van salpeter, houtskool en swael. Die hemelruim is swartryp windverwaai. Hoe donker is die nag wanneer net hý met oopoë na alles staar. Kerse dood, lampe en konkavuur geblus. Stroopsoet, stil is die nag […]

As rooiskeut wolke klaar kurktrekke stoot, skyn die gedoogde son se geel lutteloog bo-op die bergpiek. En dié organgsnote van jou gesig skerm in die lug. Omdat jou liggaam het as ñ elektriese sondeel die poolhemel binnegedring, en onsaggewende gordels en gordyn geelgroen lig laat dans deur ñ sterrehemel wat met kosmiese ritme boë vorm. […]

In die daglumier se opelugspel, as die helderrooi son,                                        nog in sy roes slaap dwarrel ñ wolk met geringe water – word dié hemelruim grys en op metaalplate se rûens plof reëndruppels neer. want jou weggaan […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed