Geen grysliggenesing (Brons)
Toe die oopgesperde hemel sagglinsterende sterre buitesluit en my koningparadysvoël (uit sy vlerkskild) met dollevlug sy luggesig vaal okkult met vasgemiste wolke. het versperrende reën se wintervioliere my dryfysige hart karig gevoed. Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte 3 Januarie 2020
Twee trane
Twee trane val oor die ontlykte Aarde- die een die oorskot seer, die ander oor ‘n gebakte peer Twee trane val oor die ontlykte Aarde- die een bloei, die ander die helder groengras dal Twee trane val oor die ontlykte Aarde- dis die alleenkind obduksie uit sy moeder se skoot Twee trane val oor die […]
Koggelroep
die son het my gekoggel terwyl sy strale verblindend asof tussen glasskerwe kaats en elke slukkie windasem word gesteel onder ‘n Mopani wou ek gaan sit maar die wind het my vel geskroei onwillekeurig het my voete pad gevat opsoek na ‘n dowe plek sonder ‘n koggelroep dit was egter eers deur die donker skadu’s […]
GOUE PÊRELS
Al die sterre is swartkolk – geblus in die donker – hul helder skyn ingeplof. Woensdag se volmaan dra ’n swartmanel van salpeter, houtskool en swael. Die hemelruim is swartryp windverwaai. Hoe donker is die nag wanneer net hý met oopoë na alles staar. Kerse dood, lampe en konkavuur geblus. Stroopsoet, stil is die nag […]
Rookkomberse
As rooiskeut wolke klaar kurktrekke stoot, skyn die gedoogde son se geel lutteloog bo-op die bergpiek. En dié organgsnote van jou gesig skerm in die lug. Omdat jou liggaam het as ñ elektriese sondeel die poolhemel binnegedring, en onsaggewende gordels en gordyn geelgroen lig laat dans deur ñ sterrehemel wat met kosmiese ritme boë vorm. […]
Uit die Gebrande Potjie
Kan jy onthou die “Budha” wat op die bergrivier se waterloop net die dag vóór die reën se doop hóe die son helder oor daai dag kyk en diep agter uit die wolke kruip Hóe eendjies almal bymekaar om die tent vergaar, dit was daai partitiewe oomblik, sakraal jou krulbruinhare wat stadig deur die wind […]