God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
Woestyngebed
Ek is ‘n wilde Kalahari kind vaal verlate vlaktes verf my spore dansend saam met sonbessies in die wind gannas en brakbosse lag in my ore en duskant vandag se skraal ure soek ek jou nogsteeds soms in my drome met dor hande; selfs in koue vure tussen klip-koppies en kokerbome en ek wens dat […]
Blomme
Blomme Vers 1: Eendag is eendag Dan is alles verby Eendag is eendag Vir jou en vir my Vers 2: Eendag is eendag Dat die son nie meer skyn En al die tydelike dinge Onherroeplik verdwyn Koor 1: Maar vandag het ons nog kans Om alles reg te maak Ons het nog kans om lief […]
Onverdiend
Onverdiend Vers 1: Hoe sal ek die woorde vind Wat pas by U Sal al die stemme in die heelal U wondergroot mag kan beskryf Vers 2: Hoe sal ek ooit kan verbaliseer Wat U beteken Sonder U hand oor als Is als en almal verlore Koor: En al meng ek my ABC’s Ook hoeveel […]
Die Engele Haal Asem
Vers 1: Jy het my lewe ingestap En die twyfel verander in sekerheid Met jou hier by my Kan ek nie anders as om te glo Vers 2: Jy’s nie sommer maar net Nóg ‘n gewone mens Jy’s soveel meer werd as dit Is hoe ek jou sien Dis hoe ek jou sien Koor: Jy’s […]
Engelehulp
In die klaarligte dagbreek as die son geen spraak spreek oorhandig die reëns gemengde sinjalere skielik hoor jy die hikklank van blyvolle druppels uit die hemelprieël as winter nie wil ophou wolk nie. ©Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte
fynsny
vir iemand toe hy nimmer meer kon wag in lee skoot van vaderhuis was stilte deur gebed gesny en skelm fluister iewers wie was hy strak gelaat sy wederhelf en saad in vrede nagelaat toe ysterperd pad verlaat lewe verkwansel is gese vrouens drank baklei tot in verderf hom verlei vir oulaas besigtig ons die […]
london
van oral en oudsher kom hul om hier te verdwaal met gesogte bakens soos die saint paul se katedraal haar polsslag n geelvlam van avontuur min kan vergelyk met dié argitektuur haar oog is verleidend, haar kurwes vlei jou n bus spoeg nog mense uit waarom sy haar arms kan vou van straat teater op […]
geboude graf
benoud vou die skag se mure my weer toe ingesluk, alleen, vergeet en halfdood dis stil… in adamsgewaad gedoop, versuip in see van sonde, ek hyg na asem nat koue sny tot die been, hierdie donker graf stink dood skouerdiep in vrot water besmet met kadawers te lank geslaap in eie kuil saam sondaars genoeg… […]
Reisbeskrywing oor ñ triomfboog (Brons)
My geelvelvoël toe jou sensasiepers bene konstraste maak met jou spierwit rand se blinkvlerkspreeu wat altyd skyn in die dageraad. wou ek nie meer na jou met sieleleed verlang nie Ook nie toe opwellende drifte van gekelpte wolke wat inmekaar flans jou liggaam gryp nie, of toe die toeërige hemel mistig makriel en natrossies laat […]