
Blomme
Blomme
Vers 1:
Eendag is eendag
Dan is alles verby
Eendag is eendag
Vir jou en vir my
Vers 2:
Eendag is eendag
Dat die son nie meer skyn
En al die tydelike dinge
Onherroeplik verdwyn
Koor 1:
Maar vandag het ons nog kans
Om alles reg te maak
Ons het nog kans om lief te hê
En dinge uit te praat
So kom ons gryp vandag die oomblik aan
Voordat die son besluit om te lê
Want môre kan dalk te laat wees
Om jammer vir iemand te sê
Vers 3:
Eendag is eendag
Dat die tyd uitloop
Eendag is eendag
Finaal is die dood
Vers 4:
Eendag is eendag
Dat ‘n kis gat-af sak
En gaan al die selfverwyte
‘n hartstuiste maak
Koor 2:
Pluk vandag; gryp nou die kans
Om alles om te swaai
Ons het nog kans om lief te hê
Gaan die haan weer kraai
So kom ons gryp vandag die oomblik aan
Voordat die son besluit om te lê
Want môre kan dalk te laat wees
Om “ek lief jou” vir iemand te sê
Brug:
Soveel grafte kry blomme
Maar het hul voorheen blomme gekry
Het hul voorheen blomme gekry
Toe hulle nog hier was
Soveel mense daarbuite
Mense wat so swaarkry
Rondloop met ‘n nerf-af hart
Herhaal Koor 1
Sluit af met:
Môre kan dalk te laat wees
Om “ek lief jou” vir iemand te sê
“Blomme” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel op die “Skadu’s Van My Hart” album soos op 3 Desember 2012
Ook beskikbaar op alle digitale platforms
Luister gerus na hierdie spesiale liedjie:
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.