Jongste aktiwiteit:

Valentyn

Valentyn

Vers 1:
Dis net bokse van tjoklits
En bloedrooi rose waar jy kyk
Dis iets so lekker
Iets wat so mooi soos die liefde lyk

Vers 2:
En ek kry nou dié gedagte
Soos daai dag weer nader kruip
Een uit 365 dae is nie genoeg vir my
En ek vra jou

Koor:
Sal jy my valentyn wees
Kan ek jou valentyn wees
Deur die jaar
Want liefde soos dié
Kan mens nie net een keer vier in ‘n jaar nie

So kom ons gryp elke dag
Ons hoef nie te wag soos die res nie
Kom ons maak van elke dag
‘n 14 Februarie

Vers 3:
Dis net lippe vol soentjies
En arms vol drukkies van my aan jou
Dit is waarvoor ek leef
En my wens is dat dit nie ophou

Vers 4:
En ek kry nou dié gedagte
Soos daai dag ons begroet
Een uit 365 dae
Is eenvoudig nie genoeg

Herhaal Koor

Sluit af met:
So kom ons gryp elke dag
Ons hoef nie te wag soos die res nie
Kom ons maak van elke dag
‘n 14 Februarie

Elke dag is vir jou en vir my
14 Februarie

“Valentyn” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel as enkelsnit op alle goeie digitale platforms soos op 14 Februarie 2020
Kyk gerus na “Valentyn” se musiekvideo op YouTube:




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed