Twee trane
Twee trane val oor die ontlykte Aarde-
die een die oorskot seer, die ander oor ‘n gebakte peer
Twee trane val oor die ontlykte Aarde-
die een bloei, die ander die helder groengras dal
Twee trane val oor die ontlykte Aarde-
dis die alleenkind obduksie uit sy moeder se skoot
Twee trane val oor die ontlykte Aarde-
dis die padda in die keel idioom
Twee trane val oor die ontlykte Aarde-
dis die droë oopmond Karoo sé rooistof-stoep
Twee trane val oor die ontlykte Aarde-
die een dra liefde, die ander leed
Twee trane val oor die ontlykte Aarde
en net dalk as jy sou kyk, sou jy kon bespeur
die een en die ander een is albei een-
van God.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek